| Fiksie
vir die jonger leser, veral die middegrade, gekonsentreerd op die derde na sesde
grade, is nou meer populêr as ooit tevore. Te danke aan die Harry Potter
sage sal dit bes moontlik so bly. Uitgewers
is nou sterk bewus van die feit dat uitermate groot blitsverkopers vir hierdie
ouderdomsgroep geskryf kan word. Hierdie tipe fiksie maak beslis opslae wanneer
dit die top-verkoopposisie bereik in die afdelings vir die jong leser sowel as
die volwasse leser. Die
Harry Potter-sage het uitgewers sowel as skrywers 'n goeie les geleer. Die les
midde grade lesers is ook gesofistikeerde lesers! Die meeste uitgewers sou die
Harry Potter manuskrip uit die vuis uit weggewys het omrede dit te gesofistikeerd,
gekompliseerd en baie letterkundig is. Dit is ook te lank vir die middegrade afdeling.
Die een, die vierde boek, beslaan meer as 700 bladsye. Maar hierdie fiksie het
die verbeelding en harte van duisende jong lesers verower - menigte van hulle
wat nooit voorheen lesers was nie het nou ywerige lesers geword. Wat
het hierdie Harry Potter sensasie veroorsaak? Die middegrade lesers práát
met mekaar. Hulle beveel allerhande produkte vir mekaar aan - veral boeke word
sterk aanbeveel onder mekaar. Harry Potter se verspreiding is gedoen deur mondelinge
aanbeveling deur jong lesers aan jong lesers in die skole, speelgronde, speelgroepe,
en tussen vriende en familielede. Die sensasie is veroorsaak deur die jong lesers
self. Daar was geen groot advertensieveldtogte, televisie advertensies of publisiteitsveldtogte
aan die begin nie. Die oordonderende advertensie vir hierdie boekreeks was die
jong lesers (kinders) self. Wat
beteken hierdie deurbraak vir die middegrade fiksie? Die
leser, ongeag die ouderdom, het die sê oor watter boeke gaan verkoop en
watter nie! Dit beteken ook dat weer eens bewys gelewer is dat daar geen neergelegde
norme is waarvolgens enige fiksie geskryf mag en moet word nie. Dit hoef nie eers
fantasie te bevat nie, slegs die feit dat die jong leser daarmee verbind en wel
in 'n mate oplossings vir menige persoonlike probleme deur die genot van die lees
van die fiksie kan vind. Dit
beteken ook dat die uitgewers hulle siening moet verander en aanpas by die leser.
Die riglyne van soveel woorde, soveel bladsye toelaatbaar per fiksiegroep, moet
verander indien die uitgewer hoop om die volgende sensasie te publiseer. Daar
is geen rede hoekom daar nie geskryf kan word oor hekse, towenaars en toorkunsies
nie. Hierdie onderwerpe kan alles tot voordeel gebruik word. Om die jong leser
met die wonderlike komplotkonstruksie, karaktergroei en onderskeid tussen reg
en verkeerd op 'n baie genotvolle manier te laat ontspan en innerlik te help groei.
Op 'n lag-lag leesmanier leer die jong lesers om die onderskeid te kan begin tref
tussen die reg en verkeerd in hulle eie lewens. Hierdie skryfstyl sal altyd konfrontasie
van een of ander aard ontlok, maar fyn tegniek kan hierdie skryfstyl ter enige
tyd in geskiedkundige sensasie omskep - dit moet net die jong lesers aan die gesels
kry! Werkstuk: Lees
die Harry Potter reeks. Skenk aandag aan die tegniek en styl en let fyn op hoe
die komplot verbreed en groei. Kan
jy onthou hoe jy gevoel het op daardie ouderdom? Maak 'n lys van die tipe van
fiksie wat jy nagejaag het op daardie ouderdom. Bestudeer hierdie lys agterna
en oorweeg watter een van hierdie onderwerpe jy voel kan omskep word in 'n reeks
van fiksie. Verwyl
een middag, selfs 'n hele dag, in 'n area wat uiters populêr onder die middegrade
ouderdomsgroep is. Luister na die manier waarop hulle met mekaar gesels. Neem
ook kennis van die veranderde manier waarop hulle met volwassenes kommunikeer
en gesels. Begin
nou skryf: In
jou notaboek
ontwikkel 'n komplot vir die middegrade groep lesers. Skep 'n
hoofkarakter en wat hierdie hoofkarakter wil bereik, doen, hê. Dan moet
jy die konflik en karaktergroei identifiseer. Nou moet in ag geneem word watter
obstruksie/s die hoofkarakter mee gekonfronteer gaan word. Gebaseer
op hierdie gegewens, skryf nou die eerste paragraaf van jou fiksie. In hierdie
eerste paragraaf moet jy al die konflik van die komplot identifiseer. Jy
mag gebruik maak van dialoog. Dink
terug aan die vorige lesse. Gebruik die kennis wat jy ingewin het en voltooi die
boek. Wanneer
jy die einde bereik, sit hierdie boek by die voriges en laat daar vir ten minste
twee weke. Na
hierdie rustyd, hersien hierdie boek. Oor en oor, weer en weer. Soveel keer nodig,
totdat jy voel hierdie werk is nou onverbeterlik. Voeg dit dan weer by die ander
tot op 'n later stadium. e.t. |