Hoeveel van julle doen karaktersketse
of kensketse van julle karakters voordat julle begin skryf - of gedurende die
skryfproses? Wanneer jy die karaktersketse doen - watter besonderhede, buiten
die normale fisiese karaktertrekke van die karakter, sluit jy hierby in?
- Gewoontes.
-
Dialoog-aanhangsel (die een sê "ja", die ander een sê "miskien"
en 'n ander gebruik 'n "l" in die plek van 'n "r".)
-
Karaktereienskappe.
-
Motivering en dryfveer om doelwitte te bereik.
-
Streep in die karakter, (sy kan nie kook nie, hy is bang vir die donkerte, hy
kan nie swem nie, ens)
-
Agtergrond (interessante en ongewone kinderdae, sy het weggeloop van die huis
af, hy het sy geleerdheid so of daar ontvang, werke, vorige gebeurtenisse, vorige
verhoudings
)
Een
van die belangrikste redes hoekom lesers bly lees is hoofsaaklik oor hoe jy jou
karakter kenmerk en kenskets. Die leser wil sien, deel wees, van die karakters
se lewens en van die uiteindelike oorwinning van al die konflikte in die verhaal. Jy
wil dus jou karakter skep om te handel soos 'n mens, klink soos 'n mens, dink
soos 'n mens en om al die menslike emosies te ondervind. Hoe
moet 'n skrywer maak om dit reg te kry? Een
manier is om jou verhaal op werklike mense te vestig. Dit beteken dat jy nie nodig
het om oor die mens as sulks te skryf nie - jy gebruik net sekere karaktertrekke
van daardie persoon. Gebruik
jouself as basis Die
effektiefste karakters is die wat so beskryf kan word dat die skrywer aangetrokke
voel tot daardie karakter en sodoende kan identifiseer, simpatiseer, omgee vir
die karakter, besorgd voel oor die karakter en die karakter se geselskap kan geniet.
Met ander woorde, jou karakters moet vir jou werklik wees en word. (Dit beteken
dat jou karakters ook soms 'n wil van hulle eie openbaar.) Die
beste manier om hierdie doelwit te bereik is om onder jou karakter se vel te kom.
Verbeel jou dat jy 'n akteur is en dat die karakter se rol jou rol is. Dramatiseer
nou hoe die karakters sal praat en reageer in elke situasie en toneel. Werk vanaf
binne na buite
speel elke rol jouself. Jy sal baie beter werk lewer met die
karakters met wie jy meer geredelik kan identifiseer as die ander karakters met
wie jy nie so geredelik kan identifiseer nie. Belangrikste van alles: Ken
jou karakters. Indien
jou karakters ware beelde vir jou is, sal hulle ook ware beelde vir jou lesers
wees. Dink oor jou karakters
wat laat hulle funksioneer? Maak hulle
presies soos die persoon wat jy wil wees indien jy hulle was en hulle lewe moes
leef. Jy het geen keuse as om 'n gedeelte van jouself in jou karakter te laat
nie. Inteendeel, daar sal 'n fout wees indien jy dit nie doen nie! Hoe wil jy
jou karakters deel van jou lesers se lewens maak indien jy nie bereid is om deel
van jou karakters te vorm nie?
Vir die van julle wat probleme ondervind met kenmerke of karaktertekening - probeer
'n lang brief aan jouself skryf met die onderwerp: jou karakters. Beskryf
die karakter/s tot in die fynste besonderhede.
Deur jou karakters te wees beteken ook dat jy bes moontlik die soort van mens
(denkbeeldig) word wat jy wil wees. Moenie jou hele self, jou hele wese, in jou
karakters voeg nie
slegs 'n klein deel van jou. Deel
van die prikkeling en aansporing van enige fiksie is wanneer die karakter struikelblokke
oorkom. Indien hierdie karakter/hoofkarakter besluitloos is in 'n situasie of
toneel waar dit van uiterste belang is dat hy/sy hierdie situasie oorbrug of uitsorteer,
sal dit nie net die storie vertraag nie, maar ook die groei van die karakter self. Dit
is voordelig om insidente en kwinkslae uit die kinderdae by te voeg. Dit laat
die karakter "mens" word vir die leser.
Gebruik ander mense as basis Lewenservaring
en ondervinding van mense gaan hand aan hand met skryf. 'n Skrywer moet 'n goeie
waarnemer wees. Jy weet
nooit wanneer iemand iets gaan doen of vertel wat jy op 'n baie handige manier
in 'n storie kan gebruik nie. Wat
jy trek van die mense in die werklike lewe is 'n bietjie dialoog hier
'n
houding of kenmerk daar
'n eienaardige gebeurtenis elders
'n buitengewone
manier van praat.
Gee die karakter "geleende maniertjies" en kenmerke van iemand wat jy
ken of gesien het. Moontlik
wil jy 'n gebeurtenis in die lewe van 'n bekende gebruik as agtergrondbesonderhede
in die lewe van een van jou karakters. Om
'n notaboekie en potlood gereed te hou en vinnige notas te maak wanneer jy kwinkslae
hoor of iets of iemand wat jou aandag trek en gebruik kan word vir skryfdoeleindes
is 'n uitstekende idee. Ken
jou karakters. Hoe klink jou karakters? Om
effektiewe en menslike karakters te kan skep, moet jy weet wie die karakter is,
hoe hy/sy sal gesels (hoe die stem behoort te klink) en hoe die karakter sal reageer
in verskillende situasies. As jy hierdie dinge eerlik weet en kan antwoord, dan
is jy reg om daardie karakter te gebruik. Jy
moet deel wees van jou karakter, in die karakter se kop woel. Jy moet weet hoe
jou karakter is en voel
die karakter se reaksies kan verwag. Wanneer jy jou
karaktersketse doen, kan jy neerpen wat ook al in jou gedagtes is. Jou fisiese
waarneming van mense om jou, die stukkies wat jy kan gebruik om karakters te kenmerk
enigiets
wat hierdie denkbeeldige karakter van jou 'n asem, 'n stem, 'n lewe kan gee -
jou karakter 'n werklike "mens" kan maak. Dit
is hoekom jy ten alle tye mense met 'n fyn oog moet dophou, bestudeer. Notas maak
van al hulle streke, gewoontes, houdings, spraakgewoontes, enige fisiese kenmerk.
Dit alles kan en sal jy op een of ander tyd kan gebruik om jou karakters lewe
te gee. Op hierdie
manier sal jy 'n lywige katalogus opbou wat jy in 'n aparte lêer kan hou
en sodoende elke keer die gepaste gedeeltes kan uitkies om te gebruik vir welke
karakter jy dit ook al benodig. Dialoog
ontwikkel my karakters beter en vinniger. Dit is meer "hier en nou".
(Was al behoorlik aangestaar terwyl ek op die bus gesit het en met myself gepraat
het in verskillende stemtone en die stemtone met mekaar gekommunikeer het. Het
eenvoudig probeer om karakter te skep deur stemtoon. Die werk het gegaan oor 'n
groep boemelaars. Dit was baie belangrik om die waarheid oor te dra - die werklikheid.
Vanaf 'n distansie kon dit nie gedoen word nie. Om deel te word van die karakters
het toe gewerk, al het die mense gedink ek is "van die pad af"! Ek het
daarna nooit weer in 'n bus gery nie. Stap daar waar ek wil wees, of ry as die
distansie meer as 'n uur se stap is en gesels nog steeds as my karakters - veral
wanneer ek 'n blokkasie ondervind. Dit werk keer op keer - die karakters sorteer
hulself op hierdie manier uit en die werk gaan voort.) Nog
'n manier om karakters te onderskei en te laat uitstaan is om spesifieke kenmerke
aan hulle te verbind: gunsteling uitdrukkings, gewoontes, geringe aanwensels en
maniertjies. Die
kenmerke wat jy gebruik vir elke karakter sal afhang van die soort van karakter
wat jy wil skep. Hoe
skep jy jou karakters
hoe bou jy hulle
Maak jy karaktersketse
of
werk jy hulle uit in jou kop?
Opdrag: Nou het
jy 'n paar karakters wat in die rol pas in jou gedagte. Gaan sit nou en skryf
alles neer. Dink weer aan die buitelyne van jou storie. Kies die sterkste karakters
en skryf hulle op 'n aparte blad neer. Gooi die ander weg. Die
nuwe karaktersketsblad: Beskryf elke karakter. Die oë- en haarkleur, spesifieke
gesigsvorm, groot neus, reguit neus, groot oë, nougesette oë, klein
mond. Alles. Dit sal verhoed dat jou karakter se beskrywing sal verander voordat
jy halfpad is met die boek. Dagdroom
oor jou karakters en skryf dit neer sodat jy onthou. Werk die karakter haarfyn
uit in jou kop. Rolspeel
- leer ken jou karakter. e.t. |