|
Hoe behou jy jou karakters se individualiteit? Hoe maak jy jou karakters uniek?
Laat elkeen 'n pertinente
manier, houding of selfs gesegde behou. Fiksie
is 'n storie met karakters in. Karakters word gegrond op mense of wesens
regdeur
die storie
Karakterkenmerke is buitengewoon belangrik. DIT is wat jou karakters
WERKLIK maak - UNIEK maak - vir die leser. Dit is wat die leser aantrek,
intrek en daar hou tot aan die einde van jou boek. Waar die karakters geen
lewe, geen siel het nie, is geen gevoel nie. Net leë, dooie woorde. Die
hart, lewe en siel van elke karakter is wat hierdie karakters onvergeetlik maak
vir die lesers. Gebruik
kenmerke opgemerk by mense wat jy ken, of vreemdelinge, of jouself.
Vorm en bou jou karakters daarvolgens. Hou in gedagte dat elke karakter jou storie
sal moet oordra soos wat dit in jou gedagtes is. Leer
jou karakters ken deur,
met die opstel van jou karaktersketse, die volgende te doen: plaas jou karakters
in situasies en werk dan uit hoe jy die situasies sal hanteer indien jy die karakter
was met presies dieselfde karaktertrekke wat jy aan die karakter toegeëien
het en hoe jy sal reageer in daardie situasies. Om
jou karakters te konstrueer en te laat lewe, moet jy jouself vrae
stel aangaande jou karakters waarop net jy die antwoorde kan gee. Wat
die karakter dra en hoe hy/sy hom/haarself hanteer en oordra is baie belangrik. Jy
kan selfs jou karakters beter leer ken deur met hulle gesprekke te voer
(in jou gedagtes natuurlik). So vind jy alles uit aangaande hierdie karakters.
Is hulle bang vir die donker, of bang om buite te gaan? Wat maak hulle kwaad?
Wat dink die bure van hulle, of miskien is die karakter 'n publieke figuur en
wat dink die publiek dan? KLIM IN JOU KARAKTER SE LYF en WORD vir 'n wyle jou
karakter. Jy
sal moontlik nie alles omtrent jou karakter gebruik in jou boek nie. Maar jy sal
hierdie karakters goed ken en so jou karakters meer realisties kan maak vir jou
lesers. Jy sal na aan jou karakters wees, deel van hulle en deel van jou storie.
Op hierdie manier word jou storie so kragtig jou leser sal ook wil deel word daarin Dit
beteken nie die karakters moet fisies of geestelik sterk wees nie. Waar party
karakters swak is
verander hom/haar in 'n geval van swakheid
Skep die karakters se geskiedenisse. Bes moontlik
sal jy hierdie geskiedenis nie eers in die verhaal ontbloot nie, maar karakters
moet almal 'n geskiedenis en verlede hê. Hoe anders kan daar 'n hede, 'n
komplot, 'n relaas, dialoog, doelwit of toekoms wees in die verhaal? Van
die karakters moet ook gevoelig wees
iemand met wie die lesers kan vereenselwig
selfs
mee kan simpatiseer. Deur
die karakter 'n baie sterk doelwit te gee
om te bereik is een manier om die leser se simpatie te wen.Geskiedenis
wat jy bes moontlik nie gaan gebruik nie, kan jou wel help om jou karakter uit
'n situasie of twee waarin jy jou karakter dalk ingeskryf het, te wurm. Dit
sal ook maak dat die leser dan die kant van jou karakter kies en baie angstig
sal wees dat hy/sy hom/haar doelwit bereik. Of indien die karakter in gevaar is,
trek dit onmiddellik die leser na sy/haar kant toe. Om
die aantrekkingskrag onwrikbaar te maak, moet jy dat jou karakters groei. Hulle
moet vorentoe beweeg, verander en selfs agteruit roei in hulle bestaan. Aan die
einde van die verhaal moet die karakters anders wees as aan die begin, dog steeds
dieselfde gestalte en gesig behou Nog
'n manier om die karakter lewe te gee is die gebruik van dialoog.
Elke karakter moet sy eie kenmerkende manier van kommunikeer hê. Indien
nie, sal al jou karakters presies dieselfde klink, dink en reageer. Dan is dit
nie meer die karakter wat praat nie, maar jy, die skrywer. Byvoorbeeld: een van
jou karakters mag kortaf praat
'n ander uiters onbeskofte taalgebruik
'n
ander fyntjies of temerig. Hulle
kan ook hul gunsteling woorde gebruik. Elke
mens het mos sy eie streke, dan nie? Hoekom nie ook elke karakter nie? Stel jou
ook voor hoe hulle sou praat, sê
met hulle vrouens, teenoor
hulle base. Hoe sou hulle met 'n vreemdeling gesels en hoe met 'n vriend? Die
dialoog hier moet baie duidelik die verskillende praatstyle aantoon. Selfs die
beskrywing van liggaamshouding is hier net so belangrik soos die dialoog. 'n
Subtiele karakter is 'n slim karakter. Die
stereotipe karakter is bruikbaar om 'n karakter mee te begin vorm. Aan
die stereotipe karakter moet daar verander word
meer pertinente kenmerke
ingebring word, fyner besonderhede van 'n individu aangehang word. Jy kan jou
karakters op alle maniere vorm: interessant, simpatiek, subtiel, sonder om een
keer van die stereotipe karakter gebruik te maak. Is
alle prokureurs soos die op televisie
of is die neiging dat hulle meer soos
die prokureurs is wat die OJ Simpson saak gehanteer het? Hoekom
kan 'n vroulike karakter nie vroulik wees nie? 'n Manlike karakter nie manlik
wees nie? Wat is dan die hedendaagse neiging dat hierdie besliste onderskeid tussen
die geslagte 'n saak geword het wat nou taboe is? Partykeer
is die voorstelling van hoe 'n persoon behoort te wees totaal anders as wat die
lesers hulle voorgehou het die persoon sal wees. Dit maak vir 'n baie interessante
situasie tussen die skrywer, die karakters en die leser. Hier is jy, die skrywer,
in beheer en dui jy die rigting aan. Verbeel
jou dat jy die regisseur is van 'n toneelstuk terwyl jy skryf
dit is jou
plig en werk om die regte akteurs te kies vir die beskikbare rolle. Jou
keuse van karakters sal afhang daarvan of jy "vir" die tipe karakter
wil kies of "teen" die tipe karakter wil kies. Hier
is waar die stereotipe karakter inkom.Elkeen van ons en ons lesers het sekere
vooroordeel van sekere tipes van mense
HIERDIE IS DIE STEREOTIPE KARAKTERS.
Byvoorbeeld: van ons beskou 'n held van die verhaal as lank, donker, sterk, aantreklik.
Wanneer jy 'n stereotipe karakter aanvoer vir 'n gedeelte van die verhaal is dit
'n geval van jy kies 'n karakter "vir" die tipe karakterrol wat jy wil
vul. Nou kies jy 'n
karakter wat lelik en misvorm is en teenstrydig is met die stereotipe karakter.
Dan plaas jy die karakterrol as die "teen" tipe. Hou
in gedagte dat jy en die leser aan die stereotipe karakter gewoond is wanneer
jy moet besluit in watter groep jou karakters moet val. Het
nog altyd daarvan gehou dat die hoofkarakter nie perfek moet wees nie? Hoekom
laat jy nie jou karakter toe om self te ontwikkel soos wat jy skryf nie? Lesers
vind dit maklik om stereotipe karakters te lees omdat dit nie inspanning verg
nie. Des te makliker vir hulle om die boek gou vervelig te vind. Die
leser verlang slegs beginselgetrouheid van die karakters. Nie ondeurdagte nabootsing
van karakters, haastig geskep deur die skrywer nie. |