| Jy
verloor alle bekendheid met die stereotipe karakter wanneer jy jou karakter as
die "teen" karakter kies. Onmiddellik betree jy 'n interessante wêreld
wat jy, as skrywer, vir jou leser in 'n realiteit moet omskep. Jy
het, as skrywer/regisseur van jou verhaal, die kontrole en kan besluit watter
sterk indrukke jou karakters bevat.
Jy besluit ook in watter kategorie jou karakters vir jou lesers moet val en of
die karakters stereotipe is of nie. Om
jou karakter gelyktydig met die verhaal se verloop te laat groei, is totaal anders
as om die karakter skielik te verander. Hierdie verandering veroorsaak dat jy
eindig met 'n karakter wat teenstrydig is met die verhaal (behalwe as jou verhaal
wel handel oor 'n situasie wat die totale karakterverandering teweeg bring). Die
omgewing moet jou karakter afrond. Wanneer
jy besluit dat jy nie die stereotipe karakter gaan gebruik nie, moet jy besluit
watter maniere en metodes jy gaan gebruik om jou leser se aandag te trek - sterk
genoeg om hierdie karakter te aanvaar. Byvoorbeeld: stel voor dat een van jou
karakters baie waardig is, of so kom dit voor
is daardie karakter werklik
waardig, of is dit 'n blatante manier om onkunde te verdoesel? Dit hang totaal
af van die persoonlikheid wat jy aan daardie karakter toeken. Is
jou wrede karakter werklik wreed of slegs wreed teenoor sekere mense. Of gebruik
jou karakter hierdie wrede streek doodeenvoudig om sy/haar sagte hart weg te steek? Jy
kan byvoorbeeld nie dat jou statige karakter 'n leemte het deur met iemand in
die straat te stoei nie. Agtergrondsketsing sal hier baie goed te staan kom. Miskien
is die karakter se bombastiese houding net 'n masker vir sy skaamte Ook hier
sal 'n agtergrondskets baie handig te pas kom. Eers wanneer jy die rede vir die
handelinge van jou karakter ken en weet hoekom hy/sy optree en reageer soos neergepen
DAN
EERS sal jou karakter in eenvoud skitter. 'n
Subkomplot kan wees dat jou karakter skielik ontdek wie hy/sy werklik is. Mense
is 'n doolhof van teenstrydighede
dit is wat die mens so interessant maak.
Wanneer ons hierdie enigmatiese menslike misterie in woord vasvang en neerpen,
skep ons menslike karakters in die gedagtes van ons lesers. Jou
karakters moet nie net goed of sleg wees nie. Die
mees realistiese karakters is soos die mens
bevat die kwaliteite van goed
en sleg. Sterk en swak. Die karakter kan selfs voorgee om iemand te wil word en
wees wat hy/sy nie is nie. Jou sterk punt is die indruk wat jy verkies jou karakter
aan die leser moet besit en oordra aan die leser
'n professor
'n dronkaard
'n
genie
of 'n woelige skolier
Enige
manier om jou karakter te laat realiseer vir jou leser, maar JY sal die voorafgaande
inligting moet verskaf. Dit kan in die vorm van beskrywing wees van bv. insidente.
Indien jy dit nie doen nie, sal 1: jou leser sal nie jou karakter of verhaal
verstaan nie 2: miskien wel verstaan, maar teselfdertyd baie deurmekaar wees
3: glad nie omgee vir die karakter of erg hê aan die verhaal nie 4:
jou leser sal nie jou verhaal glo nie - en dus nie jou karakters of vir jou as
skrywer aanneem nie. Jy
moet jou karakter se oorheersende trekke gebruik en vul - inkleur tot "menslik".
Die professor wat gedurig so 'n obsessie het oor hare wat gesny moet word kan
'n baie verwaande mens van nature wees
Die dronkaard kan homself probeer
beheer omdat hy 'n ogie op 'n aantreklike dame het
Die woelige skolier moet
hierdie voorbeeld handhaaf omdat hy die leier van sy bende is. Dit
is van uiterste belang om alle aspekte van die karakters oor te dra. Net
soos mens in die werklike lewe nie net een emosie ondervind nie, net so moet jou
karakters ook die verskeidenheid van emosies ondervind. Moet
nie aan die lengte van die verhaal dink totdat die storie klaar geskryf
is nie. Wanneer jy die oorheersende karaktertrekke van jou karakters skep, moet
jy by hierdie trekke hou as die oorheersende sy van jou karakter. Te veel van
'n ingewikkelde karakter sal die oorhoofse karakterbeeld belemmer en iewers sal
jy jou leser verloor. Nou
moet jou karakter ingeskakel word by die ander karakters en die verhaal. Indien
meer as een van die ander karakters ook van so 'n dominante aard is soos die hoofkarakter
kan dit die werk in totaal benadeel. Behalwe in die geval waar die uiterstes van
die menslike natuur uitgebeeld word
goed en sleg. Waarvoor
jy werk is verskeidenheid, nie soortgelykheid nie. Indien jou werk wel meer as
een oorheersende karakter bevat, is jy daarop gerig om 'n lang verhaal of toneelstuk
te skryf. Elke karakter sal dus dan sy eie verhaal binne en steeds gekoppel aan
die hoofverhaal, vorm. Jy
sal dus ook elke karakter sy behangsel moet gee. Wat
is 'n behangsel?
Nie oorheersende karakters
nie
wel oorheersende aspekte van elke karakter. Die oorheersende karaktertrekke
van elke karakter. Behangsels is die unieke identifiserende
trekke waarmee jy elke karakter behang en uitken. Dit kan enige
aspekte wees. Soos die kleur van hare, oë, karakterstreke, 'n mank been,
sleep van voete
Gewoontes
soos om 'n spesifieke gesegde oor en oor te gebruik kan ook beskou word as 'n
karakter behangsel. Enige uitstaande streek, gewoonte of sê-ding wat verband
hou met daardie karakter en geen ander karakter nie. Selfs manier van praat, aantrek,
houding. Dit is alles deel van die behangsel. Die
behangsel word gebruik om elke karakter uniek en werklik te maak. Lesers identifiseer
met die karakter deur eerstens sy behangsel te onthou Die
hoofdoel van behangsels is om die karakters van mekaar te onderskei. Moet dus
nie die behangsels van jou karakters dupliseer nie. Elkeen is soos 'n mens - uniek. Jy
kan nie 'n burgemeester in die dorp as oorgewig en stadig sowel as 'n dokter in
die dorp as stadig en oorgewig beskryf nie. Alhoewel hulle beroepe verskil is
albei karakters se behangsels genoteer as stadig en oorgewig. Behangsels
soos vriendelik, goedhartig, saggeaard
moet nie oormatig gebruik word nie. Behangsels
identifiseer die karakter as uniek
dus
moet die behangsel nommerpas wees vir die persoonlikheid van die karakter wat
jy wil uitbeeld. Indien
een van jou karakters bombasties is, laat dit duidelik so oorkom in houding en
dialoog. Behangsels
verskil tussen die karakters wat jy beskryf. Die aantreklike man, die slim man,
die jolige jong dame, die paranoïese man of vrou, die vreemdeling. Elkeen
het sy eie behangsels en jy moet dit duidelik so beskryf. 'n
Voorbeeld van behangsel:
sy skuif haar rok teen haar knie op, gaan sit,
loer onderdeur haar wimpers na die vreemdeling loer en glimlag skalks
vertel meer in die kort sinnetjie as wat 'n lang paragraaf van die skrywer se
siening sal kan vertel. Baie
keer is dit 'n geval van WYS, SONDER OM 'N VERVELIGE LANG RELAAS TE MAAK! Dit
help ook om te let op die name van jou karakters. Sterk, manlike name vir jou
hoofkarakter, ensovoorts. Jy
moet genoeg behangsels aan die karakter heg. Somtyds is een of twee behangsels
aan die karakter voldoende, maar waar die karakter 'n belangrike rol speel sal
jy meer moet gebruik om herhaling en verveling te voorkom Maak
seker dat die behangsels wat jy gebruik werk: in die plek daarvan om te noem dat
"die kyk in haar oë is blou" kan jy dit so stel: "haar
blou oë glinster koud". Die beste manier om behangsels te gebruik
is om dit ten toon te stel wanneer die verhoog reg is - te midde die aksie in
die verhaal. Moet
nie net aanneem dat die leser die karakters sal onthou van een bladsy na die ander
nie. Konsentreer
die aandag op jou karakter se trekke, streke, behangsels elke keer wat die karakter
te voorskyn kom in die verhaal. e.t. |