|
Sonder 'n brandpunt/karakter
is daar geen verhaal om te vertel nie. Die brandpunt karakter/hoofkarakter, is
die hoofpunt, die hoofdoel, van die verhaal. Hy roep die verhaal in aksie, veg
om behoud van die storie.
Jou hoofkarakter kan nie bestaan as hy/sy toegespin is in 'n kokon nie. Hy/sy
handel, reageer en werskaf teen 'n magdom probleme, versette en veranderinge gedurende
die verloop van die verhaal. Dit is waaruit jou verhaal bestaan. Die hoofkarakter
moet 'n doel hê, in 'n rigting beweeg, iets wat hy/sy ten alle koste wil
bereik. Hierdie doelwit plaas die hoofkarakter dan in menige situasies, somtyds
selfs gevaarlike situasies. Indien nie so nie, het hierdie hoofkarakter geen doel
in jou verhaal nie - en geen plek nie.
Of die hoofkarakter ooit in sy/haar doelwit slaag, is nie van belang nie. Die
probeer is wat belangrik is. Teenkanting stap hand-aan-hand met die hoofkarakter,
die "skurk" of "skurke" in die verhaal. So worstel hulle voort
om die klimaks van die verhaal te bou. Net voor die einde word jou hoofkarakter
gekonfronteer met "die onmoontlike", "die ergste van die ergstes
van situasies/gebeurtenisse". Oorwinning, al dan nie, hang van jou, die skrywer
af. Maar hierdie gebeurtenis is net voor die einde van die verhaal. Om hierdie
stadium te bereik moet jy 'n paar punte navolg: -
Eerstens moet jy
jou karakters skep, volle aanhangsels en al.
-
Tweedens: nou word
hulle in die lewe geroep met gevoelens, emosies, drome, vrese - alle menslike
sindrome.
- Derdens:
jy moet rigting gee aan jou karakters se doen en late, hulle denkwyse, gevoelens,
emosies, drome, vrese en dies meer.
- Vierdens:
vang jou leser se aandag, fassineer jou leser met jou verhaal, knoop hulle met
die doen en late van elke karakter wat jy geskep het en die rol wat elkeen in
jou verhaal speel. Gee lewe, asem en stem aan elkeen.
Hoe om die karakters te skep, lewe te gee, asem te gee en hoe om hulle in te pas
by die rolle wat hulle in die verhaal vertolk het ons alreeds ligweg bespreek.
Nou gaan ons ligweg kyk daarna hoe om rigting te gee aan die karakters en so die
aandag van jou leser te vang en te hou. Rigting:
Die mees
effektiewe en geloofwaardige karakters moet voorkom asof hulle op eie stoom voortbeweeg
in die verhaal
al het jy as skrywer hierdie karakters geskep. Die karakter
behoort sonder voorbehoud self die storie te vorm. As
jy verlang dat jou karakters geloofwaardig moet wees, moet die uiteinde van jou
karakters jou bekommer. Jy moet oor jou karakters voel soos 'n ma oor haar kind.
Jy moet ook jou karakters van 'n redelike handelingspatroon voorsien
wat
hulle aanvoer as verskoning vir die gedragspatrone wat jy aan hulle toeskryf en
hoe hulle voorkom.Om
dit te kan doen moet jy die doelwit wat gestel word binne die karakter se persoonlike
nut en bevrediging stel. Onthou, menige lesers sal dieselfde doelwit in hulle
eie lewens al gestel het en sal dus daarmee kan vereenselwig. Jy sal hiermee suksesvol
wees indien jy jou karakters van twee beginsels voorsien. Om te kan opweeg teenoor
situasies en medekarakters en nie te kan opweeg teenoor situasies en medekarakters
nie. Dit is belangrik
dat die karakters gevoelens teenoor mekaar moet openbaar en behou - of hulle mekaar
wil help, of mekaar oor die kop wil slaan met die naaste harde voorwerp. Jou karakters
moet mekaar lei en bou. Dit is deel van die bou van jou verhaal en gee rigting
aan die verhaal sowel as karakters. Elkeen
van ons wil voel ons is doeltreffend in ons wêreld en wil in beheer van
ons lewens en ons toekoms wees. Dit is ook hoe jou karakters moet voel en wees. Enige
aanduiding dat jou karakter gevaar loop om kontrole te verloor is 'n aanduiding
aan die leser dat hierdie karakter ondoeltreffend in sy rol is. Dit dui op 'n
vorm van ontoereikendheid en veroorsaak onnodige konflik waar daar nie moet wees
nie - vir jou, sowel as jou karakters. Hierdie
ontoereikendheid van jou karakter kan ook voordelig gebruik word om jou leser
te trek. Alhoewel ons nie openlik wil erken dat ons almal van tyd tot tyd hierdie
ondervinding beleef nie, sal dit jou leser op 'n meer persoonlike vlak met die
karakter verbind. Dit is egter moeilik vir jou as skrywer om hierdie ontoereikendheid
aan ons hoofkarakters te verbind. Ons wil hulle dan so alte graag as die "helde"
van die verhaal vorm en verkies om self te vergeet dat "helde" ook mense
is! Wanneer jou
karakter bewus raak van die feit dat hy/sy nie sterk en toereikend is in 'n situasie
nie, raak die karakter moeilik, miskien aggressief, vol spanning en rusteloos
baie
ongelukkig, slaaploos, weet nie watter kant toe nie. Jou leser sal presies dieselfde
ondervindinge deurgaan as jou karakter. Om hierdie simptome te verlig, te verander
en weer in 'n positiewe rigting te stuur beteken dat jou karakter die situasie
sal moet oorweeg en aksie sal moet neem. Die verydeling van drome, doelwitte of
neerlaag daarvan word vervang deur oorwinning. Daar
is altyd 'n prys wat mens moet betaal vir enige gevoelens in die lewe. Die karakter
betaal die prys van hulle tekortkominge met handelinge wat opmaak vir daar waar
hulle gebrekkig is. Hierdie
tekortkominge is nie die hoofaar, die doelwit van die verhaal nie. Slegs deel
van die behangsels om rigting aan te dui. Jou
karakter se hunkering om in beheer van die noodlot te wees, om doeltreffende handelinge
voor te stel in ontwikkelende situasies van die komplot is wat die karakter sterk
maak, die dryfkrag en motivering van die verhaal aanvoer. Die
ontwikkelende situasies kan subkomplotte wees of volle afdelings van die verhaal.
Afhangende van wat jy probeer om vir jou karakter te gee, sal sy/haar rigting
in die verhaal wees. Elke skrywer het 'n keuse aangaande die tekortkominge of
die tekort daaraan in sy werk.
Die dinamiese aspekte van 'n karakter se beeld is in sy houding. Jou karakter
se rigting wat hy/sy neem in die verhaal en hoe die verhaal gaan verloop is afhangende
van sy/haar houding. Dit
is die rede hoekom party mense weghardloop van geweld af, 'n ander miskien hom/haarself
daaruit wil praat en 'n ander weer gryp na die naaste slaanding om te verdedig
of selfs te wil meedoen. Kompensasie
kan afgebreek word in twee basiese patrone van reaksie
veg of vlug. Die
karakter is regdeur die verhaal voortdurend onder sielkundige druk - altyd in
'n spesifieke rigting. "Sielkundige druk" kan ook beskou word as 'n
onhandige manier van motivering. Waar jou karakter verlore voel in 'n situasie
of konteks, kan hy/sy die wiel swaai deur 'n gevoel van vooruitbeweging na 'n
spesiale doelwit voor te stel. Hierdie kan dan 'n tentoonstelling van voortreflikheid
teweeg bring. Of
oorweldig deur sy/haar se frustrasies en teleurstellings
kan die karakter onttrek en sodoende probeer om sy/haar eie ego te beskerm deur
nie "betrokke" te raak nie. Wees gewaarsku - hierdie metode vertraag
die rigting van die verhaal en kan tot totale stilstand lei. Die
weiering om vooruit te beweeg is algemeen
ongeag watter verskoning gebruik
word. Selfs die skielike gebruik van 'n afleidingspunt as 'n hoofdoelwit vir die
karakter is algemeen. Of die ontwikkeling van fisiese of sielkundige simptome
wat verhoed dat die karakter aksie neem. Die
vlug of veg sindrome. Die tekort plus kompensasie kwalifiseer in die rasionalisasie
van gedragspatrone in 'n karakter wat asof onder eie stoom en wilskrag voortbeweeg
in die verhaal. Sy eie rigting vind en volg. - Skenk
aandag aan die eie identiteit van karakters.
-
Hou elke karakter konsekwent.
-
Beweegrede en ten uitvoerbring teen mekaar opgeweeg, lei tot die gevolgtrekking
van die verhaal.
-
Kombineer die karakter se uiterlike met die innerlike vir volwaardige karaktervorming.
-
Strewe vir kontras in die karakter en verhaal.
-
Moet nie oordonderend wees met die groei en bou nie.
-
Leer om alle aspekte van skryf toe te pas met die rigting van die verhaal.
-
Jou karakters moet groei
e.t. |