| 'n
Leser is verower en betower deur 'n karakter wanneer die leser alles wil lees
wat die karakter doen en ondervind
die leser wil dit alles saam met die karakter
ondervind en doen. Die
leser identifiseer met die karakter. Jy
kan jou leser vasvang in die karakter deur die leser te bind met gevoel.
Die karakter kan die rol vertolk van wat die leser graag sal wil wees en wil doen
maar nie kan nie. Vestig jou karakter as die soort persoon wat jou leser graag
sal wil wees
die soort van persoon wat die leser kan beny.
Lesers sal hulself met elke "ware" karakter vereenselwig. Nie noodwendig
net met een karakter in die verhaal nie. Om te beny ken geen perke nie. Een
van die karaktertrekke wat sterk in jou karakter mag voorkom en wat die leser
kan beny is moed of dapperheid. Moed om die onmoontlike aan te durf, dit wat belet
is, die rampspoedige. Dit beteken nie dat jou karakter hierdie moet bereik nie.
Die punt is durf, moed, dapperheid. Nie noodwendig
oorwinning nie. Konflik
en teenstrydigheid is wat in gedagte gehou moet word. Die
ongewone opwinding van die karakter en die lewendige karakter is die een wat die
noodlot trotseer en probeer om realiteit te domineer, ongeag alle logiese denke
en gedragspatrone. Jy
kan 'n bekende karakter bou en vorm om hierdie doelwit te bereik. Die
karakteruitbeelding is soos 'n bekende aan jou leser
het al die karaktertrekke
van iemand wat bekend is. Die karakter kan rook, versot wees op lekkers, klein
diertjies aanhou, versot wees op klein kinders. Die
leser identifiseer ook met die beminlike karakters.
Soortgelykheid maak
beminlike karakters. Dit is die karakter wat met jou saamstem. As jy links gesind
is, is hierdie karakter linksgesind. Daar waar jy baie betrokke is met geloof,
sal jy beslis nie daarvan hou dat die karakter heidens is nie. Lesers
identifiseer ook met interessante karakters. Teenstrydigheid
skep interessante karakters.
Teenstrydigheid van die karakters gee ook rigting aan jou karakter. Wensdenkery
is die konsep wat gebruik word met karakteridentifikasie. Die wensdenkery van
die leser om te wil wees dit wat of wie hulle nie is nie. Die
bevrediging van drome. Werklikheid,
realiteit frustreer ons almal. Daarom die strewe om ons drome te bewaarheid. Woeker
ons om die toekoms te beheer. Meeste
van ons is te bang om eers te probeer. Gewone mense wat interessante dinge doen
onder ongewone situasies in gewone plekke.
'n Fiktiewe karakter ken geen beperkings nie - het geen beperkings nie. Hy/sy
kan vryheid gee aan elke impuls, aanvaarbaar of verbode. Kan die noodlot tart
en woeker met die toekoms. Die karakter kan die onmoontlikste uitdagings stel,
aanneem en reik na die hoogste ster. Hy/sy sal strewe na die onmoontlike, die
onbereikbare, die alfa en omega van menswees. Deur hierdie belewenisse deur die
oë van die karakter te ondervind word jou leser weggevoer na 'n wêreld
waar hy/sy graag wil wees en so raak jou leser ontslae van sy/haar spanning. Die
onmoontlike is waarvan drome gemaak is
absolute fantasie. Mens se teenkanting
teen alle natuurlike wette, maar die karakter het voldoende aanvaarbare redes
hoekom hy/sy dit doen.
Die onbereikbare is nou binne bereik. Dit is soos die fantasie van die jong klerk
wat die miljoenêr baas se seun as man wen. Of die privaatspeurder wat die
moordenaar moet vind voordat sy beste vriend vir die moord moet hang. Die
verbode is alles wat normaalweg as verkeerd geklassifiseer word. Moord van 'n
priester. 'n vrou wat haar man verkul omdat hy haar afskeep. 'n Ramp kan alles
wat hedendaags as rampe verklaar word insluit. Atoomoorlog, verslaafdes, motorwedrenongelukke,
rebellie en helde. Lesers wil van helde lees. Omdat
jou karakters so baie waag, so baie eienaardige situasies moet beleef en hanteer
leef, woel en werskaf jou leser saam met die karakter deur elke situasie. Saam
veg die leser en karakter teen alle teenstand Jy
skryf jou verhaal en skep jou karakters. Die volgende moet ten alle tye in gedagte
gehou word om die karakters so aantreklik moontlik vir die leser te maak:
- Jy moet die emosionele
behoeftes van jou lesersgroep ken. Is die verhaal bedoel vir die jonger kinders,
die grade vyf en ouer, die jong volwasse leser, die volwasse leser?
-
Moenie waagmoed en dapperheid verruil vir kuisheid of deugsaamheid nie.
-
Jy moet vertroue hê in jou eie oordeel
Beywer
dat ten minste een van die karakters van jou verhaal met jou lesers bind. Met
die leser se innerlike behoeftes, verborge drome en gevoelens Dit is nie
noodsaaklik dat jou karakters presies soos jou lesers moet wees in persoon nie.
Ouderdomsverskil, geslag, agtergrond
dit alles kan oorbrug word met jou verhaal.
Jou karakters moet die gawe besit om die emosionele soeke by die lesers te kan
bevredig. Bestudeer die ouderdomsgroep waarna jy mik noukeurig. Skep dan jou karakters
om hierdie lesers se emosionele behoeftes te voorsien en daarby te pas. Vermy
dat deugsaamheid die plek van moed en dapperheid inneem. Bewonderenswaardige
kwaliteite is voorslag gebruike as deel van die ondergeskikte karakterkenmerk
bestanddele - maar betowering word gebore uit onverskrokke dapperheid en moed
en nie kuisheid nie. Met ander woorde: jy wil nie die perfekte karakters skep
nie. Jou karakters se geaardhede wat jy skep en beskryf moet goed en sleg bevat.
Jy moet vertroue in jou eie oordeel behou As jou karakter jou aantrek, lok
en fassineer sal die karakter dieselfde effek uitoefen op lesers. e.t. |