| Wanneer
jy die karakters uiteensit moet jy die karakter se doelwit in gedagte hou. Die
doelwit is wat die karakter na strewe of wat hom/haar aanspoor
die dryfkrag
om sy/haar doel te bereik. Jy
wil nie slegs die moeilikheid, verleentheid en reaksies van die karakter gebruik
om die karakterkenmerke te beklemtoon nie. Jy wil ook gebruik maak van die karakter
se persoonlike geskiedenis en dryfkrag. Reeds vroeg in die verhaal moet jy die
leser vertel of wys wat die karakter se doelwit is. Die karakter se geskiedenis
of agtergrond kan jy met die verloop van die verhaal aan die leser bekend maak. Deurdat
jy 'n ware persoon skep, met 'n agtergrond en geskiedenis, 'n hede en toekoms
sowel as drome, hoop en 'n strewe daarna om 'n spesifieke doelwit of doelwitte
te bereik, maak jy jou leser vertroud met jou karakters - soos een mens met jou
karakters Hierdie
metode staan algemeen bekend as die Geskiedkundige-Dryfkrag-Doelwit. Stroop
al die persoonlike geskiedkundige inligting van die karakters af en hulle word
soos leë doppe. Dan is daar geen rede, geen motief vir hulle bestaan nie.
Dit veroorsaak dat hulle handelinge om hul doelwitte in die verhaal te bereik
geen omvang besit nie. Geen gevoel, geen rigting. Niks. Jy
kan ook 'n bestaande storie of gebeurtenis gebruik as 'n motief vir jou karakter
om sy doelwit te bereik. Dit beteken dat jy een of ander huidige krisis kan gebruik
en voordoen as 'n gebeurtenis in die verhaal en jou karakter se reaksie daarop
beskryf. Jy moet daarop let dat jou karakter se reaksie op een of ander gebeurtenis
wat verbind word met sy "verlede" of "geskiedenis" meer betekenisvol
en interessant vir jou leser sal wees. Geskiedenis
word baie keer benodig om grootte en diepe dimensie aan 'n karakter te verleen
en sodoende die karakter meer werklik te maak vir die leser. Jy
kan nie geloofwaardige dryfkrag aanvoer vir enige reaksies wat 'n karakter openbaar
sonder geloofwaardige geskiedenisbeskrywing nie. Geskiedenis is deel van die verlede,
hede en toekoms van elke mens. So ook van elke karakter. Met
die regte geskiedenis kan jy alle aksie, reaksie, emosies 'n werklikheid maak.
Selfs die afskuwelikstes en aanstootlikste van aksies en reaksies. Opvolging
is 'n goeie plek om 'n karakter se persoonlike geskiedenis te beskryf. Jy kan
dit dramatiseer in terugflitse, opsom in die karakter se karakterkenmerke of eenvoudig
uitdeel in dialoog terwyl die karakter sy/haar situasie met iemand anders bespreek.
Die
sleutelwoord is geloofwaardig. Wanneer
jy dialoog gebruik, maak seker dat dit 'n geloofwaardige gesprek is. Jy
kan ook gebruik maak van tonele om gedeeltes van jou karakter se geskiedenis aan
die leser oor te dra. Daarby kan jy dialoog en interaksie gebruik om hierdie kennis
oor te dra in die plek van vooraf ontbloting van die karakter se geskiedenis.
Wanneer interaksie gebruik word moet dit stilweg inskakel in die tussenposes van
die aksie. Jy wil nie
dat jou karakter eers 'n lang relaas moet lewer oor sy kinderdae of insidente
uit sy verlede terwyl hy betrokke is in 'n aksie om sy ideaal te bereik nie. Om
te verseker dat jy nie die vloei van die verhaal versteur met terugvoering na
persoonlike geskiedenis nie is dit belangrik om die volgende vrae te vra:
- Wat is die doelwit van
die karakter in hierdie toneel?
-
Wat is die karakter se motief? Sy rede?
-
Wat is die oorsaak van hierdie motief of rede?
Al
hierdie antwoorde op die vrae en die feite van die verhaal hou die verhaal aan
die beweeg en die leser bly vasgevang. Jou doel is karakter-komplot verbinding.
Om te verseker dat die verhaal voortbou met die inskakeling van die hoofkarakter
en gebeurtenisse. Die hoofkarakter se aksies en reaksies is die dryfkrag van die
komplot en die uiteinde is dat daar wel voorbedagte veranderinge aan die karakter
sal wees. Die karakter sal nie presies dieselfde aan die einde van die verhaal
wees soos aan die begin nie. Die
sleutel is om die unieke aspekte en kwaliteite van die hoofkarakter te kan identifiseer
in verhouding met die verhaal en om daardie aspekte en kwaliteite te gebruik om
die komplot te bevorder.
Jy moet ook besluit wat die nagevolge gaan wees en wat se uitwerking dit gaan
beoefen op jou karakter. Die
volgende vrae behoort te help met die ontwikkeling van jou karakters:
- Hoekom is hierdie karakter
in die verhaal?
-
Hoekom hierdie spesifieke karakter?
-
Watter unieke kwaliteite besit hierdie karakter om in hierdie rol van die verhaal
te pas?
- Hoe
word die hoofkarakter in die verhaal voorgestel?
-
Is hierdie soort van voorstelling geregverdig en passend in verhouding met die
unieke kwalifikasies wat hierdie karakter bevat?
-
Kies die komplot en verhaal die hoofkarakter of is dit anders om?
- Wat
is die hoofkarakter se hoofdoelwit gedurende die verhaal?
Dit
is nie noodwendig dat die hoofkarakter se doelwit ook die verhaal/komplot se doelwit
moet wees nie. Ook onnodig om te verwag dat indien die hoofkarakter nie hierdie
karakter doelwit kan bereik of faal om dit te bereik, dat die hoofkarakter nie
'n ander doelwit in die verhaal kan bereik nie. Wat
is die hoofkarakter bereid om te doen en nie te doen om hierdie doelwit te bereik?
(Dit is moontlik dat die hoofkarakter 'n verskuilde agenda het sonder dat hy/sy
daarvan bewus is.) Hoe pas die hoofkarakter se doelwit in met hierdie unieke kwalifikasie Die
verskuilde doelwit kan nog interessanter gemaak word indien dit met ander aspekte
van die verhaal gebind word. Of jy kan die doelwit as 'n diepgewortelde persoonlike
doelwit voorstel wat nou gekombineer word met 'n eksterne doelwit. Selfs gekombineer
word met 'n teenstrydige eksterne doelwit. Geskiedenis
is die dryfkrag agter die oorspronklike doelwit. Gebeurtenisse in die verhaal
beïnvloed hierdie doelwit en stel dit voor as iets heel anders. Nog
vrae wat jy jouself kan afvra: -
Watter kwaliteite beskik hierdie hoofkarakter wat hom/haar so afsonder van die
ander karakters, so uniek maak?
-
Hoe kan hierdie selfde unieke kwaliteite die hoofkarakter in die moeilikheid laat
beland? (Dit beteken dat die ridder van die verhaal sy/haar eie ondergang kan
veroorsaak, of oor sy eie voete kan struikel gedurende die verloop van die verhaal.)
- Watter
ander effekte kan hierdie kwaliteite op die hoofkarakter se lewe inwerk? (goed
genoeg vir die voorstelling van 'n subkomplot?)
-
Watter ander talente, kwaliteite en geskenke kan die hoofkarakter help om die
teenkanting te oorkom? (Dit is hier waar die karakter se geskiedenis handig te
pas kan kom om bes moontlik oorbruggingsfaktore mee te kan skep.)
- Hoe
kan jy die karakter se swak punte tot voordeel gebruik in 'n hoogtepunt toneel
waar die doelwit bereik is, opgeoffer word, of afgeskaf word?
Bou
'n spertyd in by jou komplot en soos die spertyd nader kom kan jy sien of die
swak punte tot voordeel gebruik kan word en of dit 'n donker oomblik gaan besorg.
Na die donker oomblik kan die hoofkarakter diep binne homself reik en vorendag
kom met ongekende vindingrykheid om te herstel en sy doelwit te bereik. Die gebruik
van hierdie ongekende vindingrykheid om sy doelwit te bereik kan as 'n klimaks
van die komplot gebruik word. - Hoe
gaan die gebeurtenisse van die verloop van die komplot/verhaal die hoofkarakter
affekteer en verander?
-
Wat leer die hoofkarakter gedurende die verloop van die verhaal?
-
Wat was bereik?
-
Hoe het sy/haar lewe verander?
Die
oplossings moet die los bande van die subkomplotte bymekaar trek en duidelik aandui
hoe die wêreld van die hoofkarakter en die hoofkarakter self verander het.
Die hoofkarakter moet op dieselfde trant die veranderinge kan aanvaar en gadeslaan. Duidelike
komplotstelling werk goed wanneer die hoofkarakter soortgelyk is aan 'n ware karakter
-voorstelling. 'n Ware karakter met konstante sterktes en swakhede wat die spesiale
kwaliteite van daardie karakter is. Jy wil voorstel dat jou hoofkarakter 'n lewe
buiten die gebeurtenisse van die komplot het en 'n openlikheid besit as deel van
sy ondervindinge en veranderinge. e.t. |