|
Die skurk van die verhaal
is die een karakter wat ons haat. Hierdie karakter se skurkagtige gedrag is wonderlik
om te lees en ondervind. Wat
maak 'n "skurk" in die verhaal? Ons het 'n "skurk" nodig om
die goeie karakters nog beter te maak Die
skurk van die verhaal is iemand wat die hoofdoel, planne en doelwitte van die
hoofkarakter probeer ondermyn. Daar
is agt doodeenvoudige dinge en bydraes wat maak dat 'n leser 'n karakter verpes:
sadistiese beskrywings; aanvallers; selfvoorsiening of selfaangestelde; eed verbreker;
weet-dit-alles; gevaarlike sielsieke; uitermate swak houding. Hoe
kom 'n natuurfrats voor as skurk? Hierdie
karakters is gebind om fisiese of sielkundige pyn aan ander karakters aan te bring.
Of om dinge te vernietig. Hierdie karakters word doelbewus aangedui as die ergste
- die skurke van die verhaal. Wanneer
jy jou lesers wil uitnooi om 'n karakter af te keur of 'n intense rilling teen
die ruggraat af te kry, of 'n gly in so 'n karakter te kry, moet hierdie afkeur
vroeg in die verhaal voorkom. Jy sal een van die sewe uitvangstelsels gebruik,
of enige ander intensiewe uitvinding waarmee jy as skrywer vorendag kan kom om
jou lesers guldig uit te nooi om hierdie skurkagtige karakter af te keur. Wanneer
die skurk se dade duidelik en erg genoeg gestel word, al is die karakter sonder
diepte, sal die lesers stil-stil hulle bangheid en vrees probeer wegsteek, of
openlik die sensasiewekkende rillings geniet. Hierdie
word dan beskryf as die "duiwelse" skurk. Hierdie soort skurk is soos
'n priester sonder vergifnis. 'n Eenvoudige karakter, dog dikwels vol streke Die
ergste van skurke: Op die oppervlakte blyk dit na 'n voorspelbare verhaal te wees.
Maar teen die einde is die skurkagtigheid, die valsheid en boosheid so erg, so
duiwels en agterbaks-slim, dat dit die leser verstom en verbaas. Hierdie skurk
is nie net erg en sleg nie. Hy is ongelooflik briljant in skurkagtigheid. Hy
mag sonder diepte wees, maar hy het 'n eenvoudige doelwit. Hierdie doelwit word
verduidelik deur niks anders nie buiten sy malligheid: om sonde te straf. Eenvoudige
skurke: Hulle bevraagteken dieselfde as die goeie karakters. Hoekom is hy
so sleg? Wat het gemaak dat hierdie karakter so 'n skurk word? Wat is die
doelwit van hierdie karakter? Wat probeer hy bereik met sy skurkagtigheid en selfs
sy duiwelsheid? Die
briljante skurk het geen waarde aan enige aspekte van die goeie in die mens nie. Indien
die skurk in elke tweede toneel binnetree en 'n hond sommer net sonder rede skop
sal die leser gou verveeld raak met die skurk en sy aksies. Die leser wil weet
hoekom die skurk so skurkagtig of selfs duiwelsagtig is. Tensy
ons te doen het met die eenvoudige duiwelse skurk, kan duiwelsheid en die enorme
gevolge daarvan die leser blitsig van die vrae laat vergeet - wie se identiteit
en wie se redes is deel van die verhaal. Ons moet die leser in kennis stel hoekom. Om
die konflik werklik aangrypend te maak moet die redes vir die skurk se gedrag
indruis teen die persoonlike gevoelens van die held/heldin van die verhaal. Dié
weer, op sy/haar beurt, glo dat daar 'n ander doelwit teenstrydig met die skurk
en die swak of duiwels is en die held/heldin hierdie doelwit wil bereik - ongeag
die duiwels of skurkagtige gedragspatroon van die teenoorgestelde karakter. Wanneer
die karakters van skurke geskep word moet daar by dieselfde reëls vir die
vorming van hierdie karakters gehou word soos wat toegepas word met die vorming
van die helde. Die skurke van die verhaal moet ook geloofwaardige karakters wees. Die
skurk van die verhaal het 'n besliste geskiedenis wat aangevoer word as motivering.
Dit moet duidelik wees waarom hierdie karakter verkies om die skurk in die verhaal
te wees. Die uiteensetting van die skurk se geskiedenis moet nie blatant gestel
word nie. Skurke is onderduims en agterbaks, dit is hoekom hulle as skurke beskryf
word. So moet ook die weergawe van hulle geskiedenis deur jou oorgedra word aan
die lesers. Bietjie vir bietjie, hou die leser aan die gis en wonder. Hoe komplekser,
hoe interesanter. Daarbenewens verskaf dit ongekende ruimte vir hierdie karakter
om werklik te kan woeker met sy skurkagtige talent en beleid. Jy
kan aanvoer dat die skurk voel dat hy/sy glad nie sleg is nie, inteendeel, eintlik
perfek is. Hulle word net deur omstandighede tot die uiterstes toe gedryf. Die
skurk sien net raak dit wat hom/haar pas en kan help om sy/haar eie ideale te
bereik, ongeag wat hy/sy ook al moet doen om dit te bereik. |