| Die
tema is die hart en siel van jou verhaal, nie soseer die komplot, die idee of
die benadering daarvan nie. Sonder hart en siel - die tema - het jy geen verhaal
nie. Daar sal dan ook nie 'n komplot kan wees nie, 'n idee of 'n vorm van benadering
van die verhaal nie. Daar
is verskeie bronne waar jy jou idee en temas vandaan kan kry of vorm:
Persoonlike of werklike gebeurtenisse en ondervindinge. Hier kom die wat-as
persoonlike ondervinding goed te pas. So ook die filosofiese gevolgtrekkings wat
op ondervinding gebaseer is. Miskien iets waaarvan jy gehoor het. Geskiedenis,
voorstelle of opmerkings van vriende of familie. Sterk gevoelens teenoor iets
wat gebeur het of aan die gebeur is. Ongewone gebeurtenisse, nuwe uitvindsels,
sosiale omskommeling of miskien 'n streng besigheidsagtergrond. Die tema kan selfs
jou eie drome en ideale wees . . . Temas
vir boeke en verhale is orals te vind. Kyk net bietjie rondom jou - en gesels
met volwassenes en kinders. Wanneer
jy die tema (oorsprong van die verhaal) het, is dit nodig dat jy voortdurend hierdie
tema in gedagte moet hou. Dit moet die middelpunt, die begin en einde van die
verhaal wees. Al die komplotte wat jy weef, insidente wat jy skep en die karakters
se handelinge en reaksies moet in houding en verhouding met jou tema wees. Baie
belangrik is dit dat jy jou eie denkwyse en houding teenoor hierdie tema van jou
moet ken en verstaan. Jou houding en denkwyse moet hier baie duidelik, helder
en sterk wees. Sodra
jy op 'n idee of tema vir jou boek of verhaal besluit het, moet jy in jou gedagte
sorteer welke hoe jy dié tema gaan benader. Vra
jouself hoekom jy hierdie boek wil skryf. Stel dan 'n beraming op van presies
hoe jy beplan om hierdie idee of tema van jou in 'n boek te omskep. Bepaal dan
jou volle aandag aan die tema van jou verhaal. Indien jy besluit om 'n romantiese
verhaal te skryf moet jou benadering teenoor liefde altyd positief wees. Indien
nie, sal jou lesers baie duidelik agterkom dat jy nie 'n woord glo van dit wat
jy hulle aan die hart probeer druk nie! Maar
op hierdie stadium is dit slegs jou onderskeie los gedagtes wat jy neerpen. Dink
aan 'n paar idees of temas
Wat
van 'n geveg om vryheid van geestesiekte. Is daar so 'n vryheid? Of
dalk
'n verhaal oor onheilskarakters (satanies) waar satanisme doodeenvoudig beoefen
word omdat die karakter/s sataniste van die ergste graad is. Hier word die uitbeelding
van sataniste in die regte perspektief gestel, ook die redes vir hierdie aanhanging
en wat hulle voel hulle motivering is. Daarby die duidelike uitbeelding tussen
satanisme en Christelike karakters wat 'n geweldige stryd teen mekaar voer. Wie
sal dan die oorwinnaar hier wees? Net jou verhaal sal dit kan uitwys. Of
Die
held of heldin wat genesing vind na 'n baie hartseer verhouding Of
Mense
met baie goeie harte kan by tye dalk baie slegte dinge doen - beskryf hierdie
dinge - en hoe dit hulle en ander se lewens beïnvloed, verander of aanraak
dit net omdat hierdie karakter/s hulle doelwitte in die lewe wil bereik Of Miskien
het die tema of idee van jou verhaal sy oorsprong in 'n feëverhaal Of Miskien
is die karakter van jou tema of idee nie 'n satanis of onheilige nie, nie eers
'n bloeddorstige of wrede skurk nie, net doodeenvoudig 'n persoon met 'n sterk
neiging tot kranksinnigheid en hoe die karakter werklik probeer om hierdie neigings
te beheer en oorwin Of
Die
heldin ontmoet die held en die heldin leer om die held te vertrou. Die held verloor
sy hart en na vele omwentelinge en onderstrominge vind die held en heldin mekaar
en hulle lewe gelukkig saam. Of
Enige
ander denkbare tema waaraan jy kan dink of van hoor of sien kan jy gebruik. Gesels
met jouself oor die tipe van boek of verhaal wat jy skryf of begin om te skryf.
Dit sal jou help om by die hart en siel van die tema te bly. Elkeen van ons sien
ons tema of idee baie duidelik in ons gedagtes en elkeen se benadering is uniek
afhangende
van eie lewensopvatting en ondervindinge. Hier is nie 'n regte of verkeerde manier
nie. Die struktuur
(die bou) van die verhaal is die belangrikste standpunt van enige verhaal. Met
die tema en benadering in gedagte kan jy die tonele wat deur jou gedagtes hardloop
begin neerskryf. |