| Beskrywing
is die hart en siel van fiksie - die skepping van 'n verbeeldingswêreld
waarin jou leser hom/haarself kan verloor Vergelyk
die volgende: - Jan
daag op met 'n geweer.
TEENOOR:
- Jan
stap binne, die pistool glinster in sy hand
Watter een sal jy verkies om te lees? Watter beskrywing gryp jou aan en trek
jou binne-in die storie? Die
glinsterende pistool skep die effek van waarheid. Beskrywing
is meer as net 'n string byvoeglike naamwoorde wat saamgeflans is om 'n sin te
vorm. Lewendige
duidelike woordeskat word beskou as die belangrikste kragmaat van skryf. Nie waar
nie. Die beskrywing van die storiegedeelte op hande dra net so 'n geweldige gewig.
Dit is onnodig om 'n ou, geskraapte, mankolieke stinkhout tafel in die voorportaal
as sulks te beskryf wanneer 'n eenvoudige beskrywing van 'n afgetakelde tafel
in die voorportaal sal doen. Dieselfde tafel in die voorportaal, oorlaai met onoopgemaakte
posstukke word onmiddellik 'n vraagteken
.jou leser sal hom/haarself afvra:
"Hoekom sal die posstukke onoopgemaak op die tafel bly lê? Kan die
mense in die huis nie sien dat daar posstukke is nie? Hoekom lees hulle dit nie?" Hou
altyd in gedagte dat jy nie net skryf nie
jy is besig om 'n verhaal te vertel!
Jy moet jou karakter wees en jou leser so deel van daardie karakter maak. Hoe
om besonderhede oor te dra
Die sekure woordgebruik in die fynste besonderhede, dog kort en bondig, realiseer
die karakter vir jou leser en spaar jou 'n halwe bladsy van beskrywing. Hier volg
'n voorbeeld of twee
-
'n vlugtende muis, half-toegetrekte oë = beskroomdheid? bedeesdheid? skugterheid?
angsbevange?
-
soos appelboorde, soos nuwe uitgroeisels = hoop? verwagtinge?
'n
Beskrywende besonderheid
.iets wat pittig en bondig 'n kenskets lewer van
'n karakter of omstandigheid. Bv. -
X stamp die koffie uit op die tafel terwyl daar haastig na die handsak gereik
word = laat vir werk?
Goed so. -
'n Houtbeen = seerower?
-
Arms verwelkomend wyd uitgestrek
Kan
jy 'n man met 'n houtbeen SIEN sonder dat hy 'n swart klap oor die een oog het?
Natuurlik nie. Houtbeen en onmiddellik sien jy 'n seerower in jou gedagte
- Arms gevou sit en staar
na die rekenaar = gedagteloos
Hierdie een woordjie sê so min, dog so baie - Hare
om die vinger draai
.dromend?
Die
gesegde bly staan - WYS, MOENIE SO BAIE PRAAT NIE. Terwyl
jy skryf moet jy al die gewaarwordinge wat jy sien en in jou gedagte ondervind
betrek. Wit krytmerke op die vingerpunte sal beslis groter byval by die leser
vind as die spierwit vingerpunte. Vergelykings
en beeldspraak kan die hart en siel van beskrywende fiksie wees:
In 'n vergelyking word iets vergelyk word met 'n ander
of soos'n ander bestempel: Saartjie is so meedoënloos soos 'n vreetvraat.
Tania se oë glinster soos stukkies diamante.
Beeldspraak vergelyk nie, dit verander: Annie is
'n klein fyn voëltjie van 'n jong dame, vlug van beweging.
Die gebruik van vergelyking en beeldspraak in fiksie is aanvaarbaar - hanteer
dit egter versigtig en nie in oormaat nie.
Beskrywing beteken nie net OM TE WYS nie, al dink ons baie keer so. Beskrywing
help jou ook om jou verhaal/relaas duidelik aan die leser oor te dra. Watter klink
die beste: -
Mev. Boontjie stap saggies Mev. Ertjie se klaskamer in.
-
Mev. Boontjie sluip Mev. Ertjie se klaskamer binne.
Sien hoe help die sterker
werkwoord met die beskrywing?
Ons gaan 'n stappie verder met die voorbeeld. Onthou, hierdie is die gedeelte
wat baie sê, die relaas of 'vertellende' gedeelte:
Merk jy die sterk voorstelling
wat hierdie beskrywing in die lewe roep?
Gebruik effektiewe werkwoorde. Vermy werkwoorde soos gegaan, kyk, gesien. Gebruik
werkwoorde wat wat dieselfde beteken, maar meer beskrywend is. Bv. in die plek
van gegaan - dink "hoe het hy/sy gegaan?" Gery, gestap, gevlieg? Jy
kry nou die idee Vestig
die aandag waar dit nodig is. 'n Hartroerende insident, teleurstelling of 'n verbysterende
ontwrigting sal beter baat vind in 'n toneel wat spesifiek daaraan gewy word.
Jy besluit wat jy wil wys en vertel. Jou besluit hang af van die verhaal. Die
menslike natuur, handelinge en emosies is so veeleisend gekompliseerd. Hierdie
kan ten beste blootgestel word deur die karakters se eie handelinge, doen en dialoog.
'n Toneel op eie reg sal hier beter voorkom as slegs 'n kortgebonde verklaring
daarvan. Tonele
beweeg uitdruklik vir die beste beskrywing van die ingewikkelde wederkerige spel
tussen die karakters. Relaas word meestal gerig op die openbaring van karakter-agtergrond
kennis of om vinnig tussen tye te beweeg om sodoende tonele te verbind. Te
veel tonele kan die verhaal die neiging van uitgerektheid gee - te veel relaas
kan dit weer droog en afgesaag laat voorkom. Weer eens, dit hang van jou, die
skrywer af, om te besluit wat is die geskikste vir jou verhaal.
Nou gesels ons oor Beskrywing en Dialoog
Dialoog beteken die samespraak of tweespraak tussen jou karakters, of alleenspraak
van een van jou karakters. Beskrywing in dialoog beïnvloed die pas wat aangegee
word. Die pas van die verhaal vertraag hoe meer beskrywend die tonele word. Maar
dit bou ook 'n meer volledige en doelgerigte verhaal. Baie skrywers verkies ligte
en vinnig-bewegende tonele - vlietend in konsep. Om hierdie doel te bereik moet
baie min beskrywing en baie dialoog gebruik word.
Die beskrywende dialoog-stempel stel 'n karakter se reaksies, handelinge en/of
gemoedstemming bekend. Kyk na die volgende voorbeeld: -
Annie sê: "Luister julle! Ek is swanger!"
Hoe sal jy haar blydskap, skaamte, of watter ander emosie ook al, oordra, sonder
om aan die dialoog te verander? -
Annie storm die vertrek binne, dans 'n passie of twee en stamp die deur hard
agter haar toe. "Luister julle!" roep sy luidkeels uit en gooi haar
hande dramaties in die lug, "Ek is swanger!"
Skryfstyl het baie te doen met die pas waarop die skrywer sy verhaal oordra. Om
skryfstyl by storie aan te pas of in sterk teenstelling hang van die skrywer af.
Beide is aanvaarbaar solank as wat die skrywer sy/haar doel bereik. Die doel
van plek beskrywing is nie om die algemene agtergrond te beskryf nie, maar 'n
DOELBEWUSTE, AANDUIDENDE of SPESIALE agtergrond of atmosfeer Elke
plek-beskrywing moet oor denkwaardige kwaliteit beskik wat verband hou met die
betekenis van die verhaal. Vra jouself ten alle tye af hoekom HIERDIE verhaal
in HIERDIE plek afspeel op HIERDIE tyd? Onthou die tema! Hierdie
eenvoudige vraag sal jou ten alle tye op jou tone hou deurdat jy deel van jou
karakters sal wees en bly. Daarsonder sal jy nie soekend wees na die antwoorde
op hierdie vraag nie en sal jou verhaal dood en leweloos bly. Die
siel van 'n verhaal is alleenlik daar indien jy, die skrywer, een word met elk
en iedere karakter en jy deel word van jou verhaal. e.t.
|