| Om 'n
suksesvolle skrywer te wees is nie maklik nie, maar om die hoogste sport van skryf
te bereik gaan baie vra. Partymaal gaan jy voel dit vra die onmoontlike. Aanhouer
wen!
Jy mag dit oorweeg dat jy miskien nie bereid is vir die gekompliseerde lewe van
'n skrywer nie. Probeer, anders sal jy nooit werklik weet of jy bereid is vir
die harde werk en opoffering wat ten einde die wonderlike gevoel van welgewonne
geslaagdheid meebring nie! Jy
het liefde vir taal. Klein bietjie verbeelding? Sien in jou diepste gedagtegang
die kleinste besonderhede van verbeeldingsvlugte - jou verhaal in wording
Al wat jy nou nog moet doen is om die geskrewe word en die beelde wat jy so duidelik
sien op papier bymekaar te bring! Dit is die wonderlikste kombinasie, en só
is menige treffer al gebore. Ongeag
wat die kategorie waarin die boek moet val wat jy beplan om te skryf, óf
die artikel wat jy in gedagte het, is daar twee baie belangrike aspekte wat ten
alle tye onthou moet word. Ten
eerste - wat ook al die onderwerp waaroor jy skryf - moet aandag aan die fynste
besonderhede gegee word. Selfs al konsentreer jy op kinderboeke. Hierdie skryfstyl
is nie minderwaardig teenoor boeke wat geskryf word vir grootmense nie. Ten
tweede, jy moet ten alle tye onthou dat watter skryfstyl jy ook al aanneem, gaan
die woorde wat jy op papier neerpen, een of ander effek op die leser hê.
Ten goede, of ten kwade. Daar is geen sterker wapen as die geskrewe woord nie.
Die skrywer dra verantwoordelikheid vir elke woord wat hy/sy neerpen. Die leser,
jonk en oud, verdien net die beste in onderwerp, styl en tegniek. Maak nie saak
vir watter ouderdomsgroep jy skryf nie. Werksopdrag Dink
aan drie boeke wat 'n groot indruk op jou gemaak het. Selfs al is dit boeke vanuit
jou kinderdae. Lees hulle weer en identifiseer wat presies elkeen bevat wat dit
vir jou so uitsonderlik maak dat jy hierdie boeke ná al die tyd nog onthou.
Skenk aandag
aan die "stem" van die woorde, die styl, intriges en komplot-beplanning
van elkeen. Wat het hierdie drie boeke met mekaar in gemeen? Wat is die verskille
tussen hierdie drie boeke? (Buiten die komplot en skrywers.) Besoek
die biblioteek en bestudeer verskillende fiksie en nie-fiksie tydskrifte. Bestudeer
hierdie afdeling baie goed. Tydskrifte word ten alle tye gebaseer op die marktendense
en sal jou 'n paar uitstekende idees gee. e.t. |