| Vir eers
sal ons konsentreer op die skryf van kinderboeke. Hierna sal ons die skryf van
fiksie vir volwassenes aandurf. Daarna biografiese werke en nie-fiksie. Verskillende
kinderboekstyle
Alle uitgewers tref nie noodwendig dié gedetailleerde onderskeid nie. 1.
Bababoeke: Vir die klein kindjie en jong kleuter. Hierdie boeke bevat oor
die algemeen wiegeliedjies, kinderversies en vingerspeletjies. Sommige boeke het
geen woorde nie, maar bestaan slegs uit prente. Die lengte en uitleg verskil na
gelang van die inhoud. 2.
Kleuterboeke: Baie eenvoudige stories van minder as 300 woorde vir die ouderdomsgroep
1-3. Temas is gewoonlik oor dinge wat bekend is in die kind se daaglikse lewe,
of is begripsboeke (bv. die aanleer van kleur, nommers, vorms en diere). Boeke
is kort (oor die algemeen twaalf bladsye). Die basis van die boeke kan karton
wees, opspring, opvou of opwipkante en enige nuwigheid bevat. Selfs geluide maak,
alhoewel hierdie boeke se basis van 'n ander tekstuur as karton is.
3. Prenteboeke:. 'n Prenteboek is 'n boek waarin sketse net so 'n belangrike
rol speel soos die woorde self. Tradisioneel word prenteboeke ook "prente-storieboeke"
genoem. Hierdie boeke is gewoonlik ongeveer 32 bladsye en gerig op die ouderdomsgroep
4-8-jaar (afhangende van die uitgewer). Die lengte is so om en by 1500 woorde,
maar oor die algemeen beslaan hierdie manuskripte uit so 'n 1000 woorde. Eenvoudige
komplotte, geen sub-komplotte of gekompliseerde kronkelinge nie. 'n Enkele hoofkarakter
wat die kind se emosies aanhang, beskryf en uitleef. Die sketse op elke bladsy
of elke tweede bladsy, speel net so 'n belangrike rol in die vertel van die verhaal
as die woorde self. Selde sal die prenteboek se woordspeling 1500 oorskry; hierdie
is gewoonlik die geval wanneer die boek gerig word op die ouer afdeling van lesers
in hierdie groep. Prenteboeke beslaan 'n wye veld van style en onderwerpe. Die
nie-fiksie formaat van prenteboeke kan maklik tot en met die ouderdomsgroep van
10 gerig word en 48 bladsye en by die 2000 woorde bevat. 4.
Vroeë ouderdom prenteboeke: Dit is die term wat gebruik word vir die
boeke wat gerig word op die laer ouderdomsvlak van 4-8-jariges. Hierdie verhale
is eenvoudig en bevat minder as 1000 woorde. Baie van die vroeë prenteboeke
is herdruk in die kartonboek formaat en het daardeur die leserskring in hierdie
afdeling baie uitgebrei. 5.
Maklike lesers: Word ook genoem "maklik om te lees" boeke. Hierdie
boeke is gerig op die jong kind wat so pas op hulle eie begin lees. Ouderdomsgroep
6-8-jaar. Daar is kleursketse op elke bladsy soos 'n prenteboek, maar die formaat
is meer "groot of volwasse" - kleiner vorm, partykeer selfs afgebreek
in kort hoofstukkies. Die lengte van hierdie boeke wissel na gelang van uitgewers.
Die boeke kan 32-64 bladsye beslaan, tussen 200-1500 woorde. Die stories word
in grammaties eenvoudige sinne vertel en bevat heelwat aksie en dialoog. Een gedagte
per sin. Paragrawe bestaan uit 2-5 sinne. 6.
Oorgangstydperkboeke: Die boeke is ook bekend as die "vroeë hoofstukboeke"
en is gerig op die ouderdomsgroep 6-9-jaar. Dit is die oorgang van jong lesers
tussen Maklike lesers en Hoofstukboeke. Hierdie skryfstyl is baie
soos dié van die Maklike lesers boeke. Die Oorgangstydperkboeke
is langer. Die manuskripte is so 30 bladsye lank en gedeel in 2-3 bladsy hoofstukke.
Die boeke is effens kleiner in grootte met swart en wit sketse op elke paar bladsye.
7. Hoofstukboeke:
Hierdie is vir die ouderdomsgroep 7-10 jaar. Manuskripte beslaan tussen 45-60
bladsye, gewoonlik gedeel in 3-4 hoofstukke. Die verhale is dikker as die Oorgangstydperkboeke,
maar bevat nog steeds voldoende aksie. Die sinskonstruksie is 'n klein bietjie
meer gekompliseerd, maar die paragrawe moet steeds kort gehou word (nie meer as
4 sinne nie). Die hoofstukke eindig te midde van 'n gebeurtenis of toneel om die
leser aan te moedig om verder te lees. 8.
Middegrade boeke: Die goue era van lees vir menige kinders, ouderdom 8-12-jaar.
Manuskripte word nou 100-150 bladsye lank en die verhale meer gekompliseerd. Die
storie is deurvleg met newekarakters wat deel vorm van die sub-komplot. 'n Meer
gesofistikeerde tema. Op hierdie ouderdom raak die jong leser verslaaf aan karakters.
Dit verduidelik ook hoekom 'n reeks van 20 of meer boeke wat dieselfde karakters
bevat so uiters gewild is onder die jong lesers. Fiksiestyle wissel van moderne,
geskiedkundig, buitenste ruimte fiksie/fantasieë/verbeeldings-vlugte tot
by nie-fiksie wat biografie, wetenskap, geskiedenis en verskeidenheid kulture
insluit. Onthou jy die Trompie-reeks? Goeie voorbeeld. 9.
Baie jong volwassene boeke: Nuwe generasie boeke vir die jong leser wat 'n
jong volwassene is, maar nog nie heeltemal reg en vatbaar is vir die lees van
die jong volwassene boeke nie. Ouderdomsgroep 10-14-jaar. Hierdie lesers hou veral
van die nie-fiksie leesstof. Hierdie manuskripte is korter as die normale 12 en
ouer afdeling. Die temas van die fiksie sowel as nie-fiksie is geskik vir die
jong leser wat die middegrade boeke ontgroei het, dog nog nie heeltemal
gereed is vir die jong volwassene boeke nie. 10.
Jong volwassene boeke: Vir die ouderdomsgroep 12 en ouer. Manuskripte is tussen
130-200 bladsye lank. Temas is gekompliseerd met verskeie prominente karakters
- een hiervan die hoofkarakter waarom die storie draai. Die storie of tema moet
beduidend wees op die algemene lewenstyl, probleme, oplossings, lag, huil, ensovoorts
van vandag se jongmens en tieners. Die jong leser moet hom/haarself kan vereenselwig
met die karakters van die boek. 11.
Volwassene: fiksie, nie-fiksie en biografie. Uitsluitlik geskryf vir die volwassene.
Op 'n later stadium sal hierdie afdelings volledig behandel word. Opdrag Skryf
tien onderwerpe neer wat aanleiding kan gee tot enige van die volgende:
- Bababoek
-
Prenteboek
-
Kleuterboek
-
Vroeë ouderdom prenteboeke
-
Junior ouderdom fiksie
-
Maklike lesers
-
Oorgangstydperk boeke
-
Hoofstukboeke
-
Middegrade boeke
-
Jong volwassene
-
Volwassene
e.t. |