| Welkom
terug by die Werkplaas. Voor ons begin werk, 'n vinnige terugblik
Het
jy besluit wat se skrywer jy is en wil wees: skryf vir geldelike gewin of plesier?
Tydskrifte of jou eie boek vir publikasie? Vir kinders, grootmense, jou eie lewensverhaal?
Jou bekwaamheid
om te skryf is die begin van jou droom te bewaarheid. Daar is nie 'n ABC of XYZ
vir skryf nie - geen formule wat die waarborg van sukses dra nie. Wat vandag onsuksesvol
is kan môre 'n treffer wees. So ook kan 'n werkstuk met oorgawe ontvang
word, dog binne 'n maand asof binne die niet verdwyn. Elke mens is 'n identiteit
met eie talent, ondervinding en waarnemingsvermoë met die bereikbaarheid
van 'n hoogs-individuele skryfstyl. Jy wil publiseer? Trek nader jou tikmasjien
of rekenaar. Handgeskrewe aanbiedinge word oor die algemeen afgekeur. Laat
ons begin: Waaroor moet jy skryf? Dit is altyd die groot dilemma.
Skryf oor dit waarvoor daar 'n aanvraag is. Vind die formules uit jou eie ondervinding
en lewe. Vra jouself op welke manier jy jou beste kan lewer. Miskien daardeur
ander kan help - moontlik selfs inspirasie kan wees. Waar
om jou idees te kry: Die menslike breinkrag is verstommend sterk. Hiervan
is verbeelding een van die grootste voordele. Gebruik dit ten volle deur vrye
teuels daaraan te gee. Met die basis in gedagte moet jy jou navorsing begin
doen. Deeglik en akkuraat. Kennis aangaande die onderwerp of situasie sal jou
werk duidelik onderskei van ander. Gelyktydig versamel jy informasie wat jy kan
liasseer vir latere gebruik. Skryf met jou hart, siel en gedagtes - maak jou werk
jou plesier. Ontwikkel
jou skryfstyl: Omdat ons individue is het elkeen 'n unieke skryfstyl,
buiten persoonlike ondervindinge van die lewe. Wees dankbaar. Alles is bruikbaar.
Vermy om ander se skryfstyl te na-aap. Dit werk nie. Jou skryfstyl is jou natuurlike
manier van skryf. Lank en uitgerek, in fynere besonderhede, ligtelik, ernstig,
mallerig, laggerig, huilerig, beswaard, dominerend, aanmatigend, eenvoudig, pertinent,
kortaf en tot die punt, - soos wat ons van nature praat, so skryf ons. Aanbeveling
Aanvaar jou styl
en bou daarop. Dit sal net voordelig wees. Kom in die skryfgewoonte en wees net
jouself. Om die pas aan te durf as skrywer is 'n moeilike, hobbelrige en baie
keer 'n nie-winsgewende pas, maar
so uitermate bevredigend. Dit is die ware
jy. Skryf elke
dag en ontwikkel vertroue in jou eie werk en jou skryfstyl. Deur elke dag se volharding
en harde werk word die amateur professioneel. Selfdissipline is baie belangrik.
Vind inspirasie uit die lewe self, jou dryfveer al die emosies wat mens jaag. Skryf,
skryf en skryf weer - soveel keer as nodig. Laat woorde vloei totdat dit een wonderlike
ondervinding is om te lees. Moet nie ophou as jy voel daar haper iets nie.
Vergeet konsentrasie om die hoogste, suiwerste taal van literati te gebruik. Hou
by dit wat eie is aan land en volk. Jy skryf vir elke man, vrou en kind, nie vir
'n uitverkorene paar nie. Taalgebruik soos man, vrou en kind dit ken, is belangrik.
Hulle is die toekomstige lesers van jou werk. Jou skryfstyl is soos wat jý
is, volg die manier van jou praat, leef en menswees. Eie aan jou soos dit was
aan jou voorsate. Elke mens se taal is soos 'n stukkie goud wat vertroetel en
opgepas moet word. Die erfenis wat nagelaat is aan jou en wat jy moet nalaat vir
die nasate van jouself en díe wat die taal met jou deel. Onthou, alhoewel
almal probeer om die suiwer taal te praat en behou, geeneen perfekte taalgebruik
het nie. Vermy die "woordeboek-styl". Wees net jouself. Skryf wat in
jou gedagte en in jou hart is. Laat
jou stem gehoor word Een
van die kragtigste instrumente van 'n skrywer is nie woordeskat, of uitmuntende
woordeboek taalgebruik niem - nie eers die beste van rekenaars nie - dit is
jou stem. Jou unieke samevoeging van beskrywings, karakters, gebeurtenisse,
emosies, - om die lesers se oë en ore oop te maak vir die stem van jou geskrewe
woorde. 'n Manuskrip kan ingewikkelde intrige, interessante karakters en 'n buitengewone
einde bevat, dog nie gepubliseer word nie. Laat jou stem gehoor word deur woorde
wat die leser uitnooi terwyl dit fluister: "Hierdie storie is net vir jou
" Uitgewers
is altyd op soek na "nuwe stemme", dog kan hulle nie verduidelik presies
wát hulle beskou as 'n "stem" nie! Dit is hoekom 'n skrywer se
"stem" nie iets is wat geleer kan word nie. Dit is diep binne-in jou,
deel van jou styl. Dit
kan verdoesel word onder 'n mantel van idees. Een van die gevaarlikste maniere
is om baie hard te probeer om voor te kom as 'n skrywer. Hierdie skrywers is soekend,
krappend in woordeboeke en ensiklopedieë na woordspelings en ongewone sinsnedes.
Hulle gebruik ingewikkelde beskrywende sinne wat ontaard in skeppende beskrywings:
alles om die normale, alledaagse taalgebruik in sy eenvoud te vermy. Vergete is
die feit dat die doel is om met die leser te kommunikeer - dit word veel eerder
'n trotse selfaanbidding van die "nuwe" taalgebruiksvorm. Die doel van
'n skrywer se stem is nie om literatueel te word of in 'n akademikus te ontaard
nie, maar om 'n stukkie van die hemel aan die leser te bied in die taal wat hy
ken en verstaan. Laat
die leser jou stem hoor, nie die soekende, krappende, skarrelende skrywer wat
sy storie as woordeboeke, woordsinsnedes en -spelings en ensiklopedieë opdis
en die stem versmoor nie. Die natuurlike manier van woordgebruik is soos wat ons
daagliks praat. So moet jy skryf - of die stem gaan verlore. Totdat skrywers dit
doen, sal uitgewers altyd soekend bly na "die stem". Groot
en hoë vlak van taalgebruik is onnodig. Die manier van samestelling van normale
woordgebruik om die hart en siel van jou storie oor te dra - dit is belangrik.
Gereeld sal jy die lae moet afdop om by die hart en siel van dit wat jy wil vertel,
uit te kom. Skryf soos jy praat. Jou sprekende stem sal jou na jou skrywer-stem
bring. Beskrywings
moet in gewone taal wees wat die leser deel maak van die karakter. Die leser moet
sien wat die karakter sien, voel asof hy ín die verhaal is. Jy
as skrywer ís die karakter - die verhaal. Vergeet van uitdink wat jý
sou gedoen en gesê het. Leef, wees en voel die karakter. Jou karakter en
die verhaal bestaan - nie jy, die skrywer nie. Jou
stem kan verander na gelang die hoofkarakter en die verhaal wat jy skryf. Al die
karakters bevat deel van jou stem en moet gehoor word. Dit is die weergalming
van jou stem. Dit is belangrik om by die basiese beginsels te hou. Fynere besonderhede
in eenvoudig woorde beskryf, gee die deurslag van buitengewoon en uniek. Skep
'n nuwe wêreld wat tog deurvlek is met realiteit. Die
basiese beginsels van 'n boek is die tema, karakters, beskrywing, datum, tyd,
plek. Selfs die gewoel, geskarrel en gekrap om dit te omskep in 'n wandelende
woordeboek of ensiklopedie te midde van 'n verhaal. Alles is belangrik vir jou
as skrywer, miskien ook vir die oningeligte uitgewer - maar dit is slegs
die geraamte van 'n boek. Voeg
'n "stem" by en die boek
word onvergeetlik!. Die skrywer
se "stem" blaas lewe, hart en siel in die woorde Van alle uithoeke
van die wêreld hou uitgewers en verspreiders van formaat by die leuse dat: Die
"stem", in sy eenvoudigste woorde, is dit wat die verskil maak tussen
wêreldbekende blitsverkopers en die boek wat wegkruipertjie speel op die
biblioteekrakke - ongeag die taal waarin jy skryf. 'n
Uitstekende voorbeeld: Die lewensverhaal van die Prins Charles en Prinses Dianne
is elke keer wanneer daaroor geskryf word internasionaal 'n treffer. Hierdie uitgawes
is elke keer in eenvoudige taal geskryf, nie naastenby Shakespeariaans of klassieke
Engels nie. So ook elke ander treffer wat nog ooit uitgereik is. Menige
gevalle was daar al waar skrywers vol hoop hulle werk aan bekende uitgewers voorgelê
het vir goedkeuring en publikasie, maar dat die werk summier afgekeur is. Eenkant
gestoot is. Die rede? Die eenvoud daarvan - soos die man in die straat praat,
dink en voel. Van die uitgewers beskou hierdie werke vanuit die staanspoor as
onaanvaarbaar. Twee van die bekendste skrywers wat so die trekpas gekry het omdat
hulle werk in "te alledaagse en eenvoudige" taal geskryf was, se afgekeurde
werke wat hulle op einde self gepubliseer het, het oornag wêreldtreffers
geword. Is vertaal in nie minder nie as vyf tale en Warner Bros het die filmregte
gekoop, draaiboeke laat opstel en verfilm. Die een se naam is Louis L'Amoure,
die ander Stephan King. Die
meeste van die wêreldbekende en beroemde skrywers behou deurentyd die "eenvoudige
en alledaagse" beginsels van taalgebruik en woordeskatkeuse. Hulle glo dat
alleenlik die "stem" die deurslag gee. Doen
so 'n bietjie navorsing op hierdie gebied: In
die biblioteek: Lees twee of drie paragrawe uit elk van die volgende werke:
- Fiksie - 'n romantiese
novelle - twee in Afrikaans en twee in Engels;
-
Nie-fiksie - geskiedkundig - twee in Afrikaans en twee in Engels;
-
Prenteboek - twee in Afrikaans en twee in Engels.
Maak
baie seker dat een van elke afdeling en taal deur baie bekende skrywers geskryf
is en die ander een van elke afdeling en taal deur skrywers van wie jy nog nooit
gehoor het nie. Bestudeer die verskillende style. Konsentreer op die woordeskat-
en taalgebruik, die sinsnedes en sinskonstruksie. In
Afrikaans sal die bekende skrywer se werke vergelyk kan word met die akademiese
vlak van taalgebruik, sinsnedes en woordeskat. Die onbekender skrywer se werk
is nie heeltemal so formeel en presies nie. Byna asof dit meer aanvaarbaar is. Die
kinderboeke is meer wisselvallig, alhoewel daar 'n sterk neiging is in 'n meer
gevorderde taalgebruik in verhouding met die ouderdomsgroepe waarvoor van hierdie
boeke bedoel is. 'n Kinderboek se woordeskat móét op die vlak van
kommunikasie met die kind bly. Hoe anders gaan jy jou lesertjies oortuig dat hulle
verbeelding kan deelneem aan jou verhaal? Die
Engelse boeke toon duidelike tekens van die teenoorgestelde. Die bekende en beroemde
skrywer se formule is eenvoud. Die onbekender skrywer strewe na 'n woordgebruik
wat roepende reik na 'n woordeboek vir klassifikasie! e.t. |