|
Of jy doelgerig is teenoor
die kinder-, jongmens of grootmens boekwurm:- beteken nie daar is 'n verandering
in die basiese spilpunte van waaruit 'n komplot bestaan nie. Alhoewel elke storie
verskil, is daar die elementêre punte waaruit almal bestaan. Deur aandag
te gee aan hierdie punte behou jy die aksie van jou verhaal en die deurloop van
die komplot tot aan die einde. Die
begin:- Jou verhaal begin by die punt waar jou karakter se lewe 'n omwenteling
ondergaan en verander. Moenie die eerste hoofstuk vermors deur jou karakter haarfyn
te beskryf en die omgewing waarin die karakter hom bevind in die fynste besonderhede
uiteen te sit nie. Die meeste hiervan het nie betrekking op die storie nie, en
indien dit wel het, kan dit deur die loop van die storie ingewerk word. Dit is
aan te beveel om die openingsrede van die boek met aksie, 'n gedwarrel en geskarrel
te begin. Dit trek onmiddellik die aandag. Eerste
hoofstuk:- is die begin of die einde. Binne die bestek van die eerste drie
bladsye besluit jou leser of hy die boek gaan klaar lees of nie. Aan die einde
van die eerste hoofstuk moet die leser al voel hy vorm deel van die karakter en
dié se probleme en emosies. In die Hoofstuk-, Middegrade- en Jong Volwassene-boeke
kan konflik in en tussen die karakters gedurende die verloop van die verhaal verander.
Ongetwyfeld behoort die eerste konflik (die gebeurtenis wat die karakter vanuit
sy normale lewenstyl ruk) baie duidelik te begin in die eerste hoofstuk - binne
die eerste twee bladsye. Hierdie eerste konflik moet 'n voldonge feit wees aan
die einde van die eerste hoofstuk, en só reeds uitreik na die volgende
fase nog voordat die tweede hoofstuk aangekondig word. Dit is belangrik dat die
leser op hierdie stadium moet voel hy ken jou karakter al goed en dat hy deel
is van die karakter. Einde
van 'n hoofstuk:- beteken nie einde van 'n gedagte nie. Eindig jou hoofstukke
so dat die leser angstig sal wees om na die volgende bladsy te blaai - net om
te sien wat gaan gebeur! Die nuuskierigste ouderdomsgroep is tussen 7-12. Dit
is ook die groep wat die gouste verveeld raak indien hulle verbeelding nie vasgevang
word nie. Dit is raadsaam om die hoofstukke van hierdie ouderdomsgroep se boeke
"in die lug te laat hang" en só hulle aandag behou. Of eenvoudig
die oorskakeling met effektiewe dialoog en aksie te behou. Die
hoogtepunt van die verhaal:- wanneer die karakter trompop te staan kom teenoor
die stryd of konflik, moet 'n natuurlike voortvloeiing wees van die verhaal tot
op daardie punt. Te gereeld word die hoogtepunt of klimaks van die verhaal uitgerek
en verloor so sy effek. Dit is ideaal om die hoogtepunt of klimaks van die verhaal
te hanteer soos 'n rollende brander wat sy hoogtepunt bereik aan die einde van
'n hoofstuk. Die
oplossing:- moet bepaal word deur die hoofkarakter. Hierdie oplossing begin
aan die einde van die hoogtepunt of klimaks en behoort nie meer as 'n hoofstuk
te beslaan nie. Die oplossing moet realisties wees en sover moontlik 'n verrassingselement
vir die leser inhou. Die
einde:- kort na die oplossing beskryf is. Gewoonlik word die oplossing in
die laaste hoofstuk gevind, met slegs 'n paar paragrawe wat beskryf hoe die karakter
na sy normale lewensomstandighede terugkeer. Dit is tot nadeel van die storie
as die skrywer die einde opstop en uitrek. Die oplossing wat die hoogtepunt of
klimaks van die verhaal volg, moet voldoende wees om as die afhandeling te dien
- die einde van die boek. Onthou:-
vra of die storie van die boek konstant bly? Word een van die karakters duidelik
deur sy handelinge as die hoofkarakter uitgewys? Te gereeld word twee of drie
karakters gebruik wat 'n teenstrydige effek teenoor mekaar in die verhaal het.
Ten laaste, maak seker dat die konflik of intrige lokkend genoeg is om die leser
aan te trek. Dit moet hulle nuuskierigheid prikkel tot aan die einde. Wanneer
jy twyfel, verhoog die konflik, maar moet dit nie minder maak nie. Hou in gedagte
dat jy die leser vra om sy tyd en energie spandeer om jou boek te lees. Gee die
leser die 'n probleem om uit te sorteer en hy sal dit met graagte doen. e.t. |