| Die
vier belangrikste punte om die verhaalrigting of toonaansetting in die lewe te
roep: Die
spreekwoord lui: "die duiwel is listig". Veral in die werk van 'n skrywer.
Te min besonderhede veroorsaak dat die karakters dwalend deur die relaas van 'n
leë verhoog van jou storie wandel. Met 'n oormaat van besonderhede kan jy
in die slaggat trap van die opeenhoping van hooggestapelde beskrywingsblokke wat
jou leser gaan aanpor om hierdie gedeeltes oor te slaan in sy soektog na die aksie
in die verhaal. Deur
die geskikste, duidelikste, helderste en skitterendste besonderhede te gebruik
as basis; die fondasie van jou boek; is een van die belangrikste punte om die
toonaansetting van jou storie in die lewe te roep. Dit is belangrik om hierdie
besonderhede so te presenteer dat dit die leser se aandag sal trek en behou. Die
volgende vier tegnieke sal help. a)
Die bekendstelling van toonaansetting van jou verhaal deur beweging van woorde
Jou beskrywing moet oopvou soos wat jou karakter deur die tonele beweeg. In jou
geestesoog moet jy saam met jou karakter beweeg en sien wat hy eerste opmerk,
al registreer dit miskien tydsaam. Beskryf hierdie ondervindinge van jou karakter
met kort, ineengevlegde beskrywings. 'n
Goeie voorbeeld is Alice in die Sprokieswoud. Sy het met die intrapslag verskeie
emosies ondervind, en vir die eerste keer verskillende wonderlike dinge binne
'n oogwink aanskou. Die beskrywings is so lewendig en duidelik dat die leser se
verbeelding selfs die wondermooie blomme kan ruik! Maak
gebruik van aktiewe beskrywings om die toonaansetting aan te dui. Alice kon nie
net die blommetjies ruik nie, maar het tussen die blomme deur gehardloop en hulle
teen haar vel gevoel. Hierdie beskrywing bring die leser in kontak met die
karakter en vermy verveeldheid by die leser. b)
die bekendstelling van toonaansetting deur die karakter se ondervinding
Wat jou karakter sien is dit wat jou karakter van kennis dra. Dit is belangrik
hoe jy as skrywer hierdie kennis gaan oordra aan jou leser. Jy kan byvoorbeeld
beskryf dat Alice se ouers haar vertel het van die blomme en diere in die sprokieswoud,
of dat sy hiervan by iemand anders gehoor het. Onthou dat elke karakter in jou
verhaal sy eie siening het omtrent 'n onderwerp. Dit
is soos om, gesien uit die oogpunt van 'n visserman, 'n kuslyn en die druisende
see voor te stel. Hy sal binne 'n oogwenk alles inneem, vanaf die golwende branders
en bewolkte lug tot die gevoel dat die wind draai. Hy sal boonop nog seker kan
voorspel wat die dag van môre se weer inhou
Net
so belangrik sal ook die beskrywing wees van die fynere dingetjies wat hy miskien
nie opmerk nie. Uit gewoonte vir die omgewing sal hy miskien min aandag skenk
aan die verrotte bamboes wat uitgespoel lê op die strand. Hy sal miskien
nie eers die wonderlike vorms van die rots wat met laagwater uitsteek opmerk nie.
Nog minder sal hy die byt van die snerpende windjie voel waar hy tussen die uitgespoelde,
stinkende bamboes staan en fronsend staar oor die water. Nou kan jy jou indink
hoe 'n jongman vanuit die stad sal voel, wat hy sal sien, in presies dieselfde
posisie. Dit is
hoekom elke karakter sy eie siening, denkwyse en reaksie het. So ook sal elkeen
sy eie uitbeelding onder presies dieselfde omstandighede weergee, afhangende van
die karakter se ondervinding en kennis. c)
die bekendstelling van toonaansetting van die stemming en bui van die karakter
Wat ons voel beïnvloed dit wat ons sien. Dieselfde geld vir die karakters
in jou verhaal. Om 'n toneel te filtreer deur die gevoelens wat jou karakter ondervind
sal 'n groot invloed hê op dit wat jou leser "sien" in die verhaal.
Alice het al hierdie wonderlike dinge en diere in die Sprokieswoud gesien. Sy
kon haarself nie keer of verhoed om alles te ondersoek en die diertjies te volg
nie. Die versoeking was vir hierdie karaktertjie onkeerbaar. Dit het haar weggevoer
in 'n wêreld van geluksaligheid en wonderskone prag. 'n
Baie mooi prentjie. Maar wat as Alice miskien in 'n ander stemming of bui was
in hierdie Sprokieswoud? Wat as haar eerste ondervinding miskien was om deur 'n
by raakgesteek te word? Of miskien 'n kwaai beer teëgekom het wat haar aangeval
het? Wat as sy miskien hart en siel verpes het om in so 'n situasie te wees? Jou
leser sal alles behalwe plesier vind in die lees van so 'n tipe Sprokieswoud verhaal!
d) die bekendstelling
van toonaansetting deur sintuie, gevoel en gewaarwordinge
'n Jongman van die stad af se sintuie sal sy gewaarwordinge van die see en strand
beïnvloed. Die visserman sal nie eers agterkom dat die windjie snerpend koud
waai nie, maar die jong man van die stad af sal bewe van die koue in sy stadspak.
Die visserman sal nie die stinkende reuk van die verrotte bamboes opmerk nie,
sy neus is gewoond aan die reuk. Die stadsmannetjie sal voel hoe sy maag draai
wanneer hy dit vir die eerste keer ruik. 'n
Verskeidenheid van sintuig-insettinge ontsluit verskillende reaksies by elke karakter.
Waarnemingsvermoë is belangrik: ons neem besluite en reageer op dit wat ons
sien. Wanneer 'n toneel beskryf word, "sien" die leser dit wat
die skrywer wil hê hy moet sien en wat woordeliks uitgebeeld word. Die skrywer
raak die leser se intellek, sy denkvermoë, direk aan. Wat
ons hoor het weer 'n direkte invloed op emosies. Dink maar aan hoe jy voel
wanneer jy die musiek waarvan jy hou hoor, of die stem van 'n geliefde. Die stemtoon
wat jy hoor is 'n duidelike uitbeelding van die bui of stemming waarin die mens
is met wie jy praat, ongeag die woorde wat daardie persoon uiter. Die gevoel en
waarwordinge van dit wat jy hoor of ondervind kan jou laat sidder, rondspring
of ontspan en laat lag. Die toonaansetting of uitleg van 'n toneel wat hierdie
gevoelens en gewaarwordinge bevat sal emosionele reaksies by die leser ontwikkel
en verkry. Reuk
roep herinneringe op. Nie almal word teruggevoer na hulle kinderdae deur die beskrywing
van die reuk van varsgebakte brood nie, maar almal het een of ander herinnering
wat deur tonele gekielie word. Dink aan die reuk van 'n parfuum, of die binnekant
van 'n motor, of die reuk van 'n nat hond, of blomme, of die grond na reën.
Beskryf hierdie tonele effektief en jou leser is daar. Voel.
Om te kan voel is 'n primêre sensoriese reaksie. Oortuig jou leser dat hy
kan voel hoe sag is die hasie se pels, hoe koud is die water wat oor sy voete
spoel, of die snoesige hitte van die karakter se jas in die ysige koue. Ten
laaste is daar smaak. Ook hier is herinneringe die algemene reaksie op
die voorstelling van die gebruik van hierdie sintuig. Om die leser te oortuig
van smaak is seker een van die moeilikste toonaansettinge. Meestal hoort hierdie
oortuiging nie in die storie nie. Soos in die werklikheid self moet "smaak"
voorstellinge spaarsaam en absoluut op tyd gebruik word. Die
doel van beskrywing is om 'n goed deurdagte fondasie te gooi wat die perfekte
basis vorm vir die boustene van die karakters. Hierdie fondasie is blywend deel
van die agtergrond sonder dat dit met die verhaal inmeng of oorneem. In
die werklike lewe het ons ondervindinge en maak ons ontdekkinge van ons omgewing
en die mense met wie ons in aanraking kom deur die onbewustelike gebruik van ons
sintuie. Ons verstaan en dikwels misverstaan hierdie reaksies. Daarby is ons onafhanklik
van ons ondervinding en kennis en reageer ons daarop met emosies. As jy jou karakters
op hierdie manier aan jou lesers kan voorstel sal jou lesers ongetwyfeld met oorgawe
tot die laaste woord lees. e.t. |