| Enige
verhaal het drie basiese beginsels
die begin, die einde en die verhaal tussen
die begin en einde. Met
die begin of opening van die verhaal moet jy jou alreeds jou leser by jou hoofkarakter/s
betrek. Spoedig moet jou uitbeelding wees van een of meer karakters wat onder
druk is. Ook moet die weergawe van die held/heldin en skurkagtige karakters vinnig
voorgestel word. Die skrywer moet ook duidelik aandui wat hier tot voordeel van
die karakters sal wees, of die roei en gestoei van die verhaal spoediglik begin
Lesers wil baie vinnig weet watter karakter in die verhaal hulle mee verbind,
kan verbind of mee wil verbind - in watter karakter die leser 'n emosionele belegging
kan maak. Lesers
wil weet watter karakter se kant hulle wil kies. Hulle
wil ook weet waarby die held/heldin gaan baat of kan verloor in die verhaal en
wat gebeur indien die skurk van die verhaal op die einde wen. Die plek en tyd
van die verhaal moet ook vroeg blyk. Jy
wil duidelik die oorsaak van botsing, huidige sowel as toekomstige botsingsvelde,
asook die moontlike uiteinde van die verhaal uitwys. Jy wil die gees, die stem
van die verhaal so gou moontlik instel. Daar
is nie altyd 'n skurkagtige figuur in alle verhale nie. 'n Verhaal bevat egter
altyd een of ander teenstander in die verhaal
persoonlik en interne of in
die vorm van 'n skurk of insident of gebeurtenis. Die interne of persoonlike botsing
(gevoelens en emosies) en die uitbeelding daarvan kan die plek inneem van die
skurkagtige figuur. Gebruik hierdie teenstander in die "binnegoed" van
die verhaal.
Die teenstander, ongeag interne of in die vorm van 'n skurk
is so deel van die verhaal soos die held/heldin self. Daar bestaan nie 'n verhaal
of storie om te vertel as die een sonder die ander is nie.
Elke toneel van die verhaal bevat 'n doel, of doelwit om te bereik. Dit kan ook
'n teenkanting of probleem om te oorkom en 'n oplossing bevat. Elke
toneel die leser iets nuuts aangaande die karakter of omstandighede in die verhaal
vertel. Karakters van 'n verhaal word in die "binnegoed", die middel
gedeelte van die verhaal, gebou. Die groei van die karakters ontwikkel deur hulle
aksies, reaksies en dialoog. Met ander woorde: Wys, laat jou karakter leef, moenie
net vertel wat aangaan en hoekom nie.
In hierdie middelgedeelte van die verhaal, die "binnegoed" van die verhaal,
moet jy al die bestanddele van jou slot of einde van die verhaal inweef. Hier
moet jou karakters almal meer as voldoende aansporing vir hulle aksies en woorde
kry
Ontwikkel
die verhaal of storie deur: - die
karakters wat toenemend ernstige probleme ondervind en
- skep
spannende afwagting vir suksesvolle oplossings deur die probleme so na as moontlik
aan die werklike menslike lot te verbind.
Die oplossings van die probleme moet verband hou met die besondere karakter se
geaardheid.
Onthou altyd dat niks in 'n verhaal sommer net blindweg of toevallig so gestel
word nie. Gebruik beeldspraak, beeld en vergelyking doelgerig en bepland.
Van begin tot einde van die verhaal moet daar 'n beginselgetrouheid wees aan styl,
passie, dialoog, karakterontwikkeling en verhaaltrant.
Die finale afronding in die slotsom van die verhaal moet 'n oortuigende en beslissende
teenstrydigheid of teenstand behels met 'n briljant eenvoudige oplossing.
Hierdie finale afronding vol teenstand en teenstrydigheid is dan werklik die laaste
gebeurtenis in die verhaal waarop die hele verhaal se einde gebaseer word. Die
slotsom van die hele verhaal. Alle gebeurtenisse wat tot hier gelei het en in
die weegskaal van wen of verloor geplaas word deur 'n enkele woord of aksie van
die betrokke karakters in hierdie finale afronding van die hele verhaal.
Dit is die hoogtepunt van die verhaal en moet die boodskap wat jy vanaf die eerste
woord aan die leser wil oordra nou duidelik en pertinent in sy gedagtes plaas.
Dieselfde boodskap wat jy nie vanaf meet af by naam kon noem nie of selfs duidelik
ten toonstel nie, maar die leser aan die wonder gehou het tot die einde.
Oor die algemeen is die aandrang dat tonele 'n doelwit moet bevat, met 'n teenstand,
botsing of worsteling van enige aard en 'n oplossing. Menige
keer is dit egter die geval dat die toneel slegs 'n doelwit bevat en geen teenstand,
botsing of worsteling of 'n oplossing nie, en dat dit eerder 'n voorloper na die
volgende toneel is.
Die voorstelling van 'n nuwe karakter en verdere ontwikkeling van 'n karakter
kan beskou word as deel van 'n toneel.
Die uitbeelding van enige sy en verandering van 'n karakter, die voorafgaande
verwysing na toekomstige of moontlike teenstand, botsings of worsteling van enige
aard. Dit alles kan gebruik word as deel van die vorming van 'n toneel. In die
middelste gedeelte van die verhaal ("binnegoed"), sal hierdie nie 'n
oplossing voor die hand bied nie.
Dit is ook nie nodig (en moontlik) dat elke teenstand, botsings, worsteling of
oplossings vir al die karakter se probleme nie bevat nie. Dit kan wel deel uitmaak
van die hooftonele van die verhaal.
Die toneel moet wel verbind word met die hoof doelwit van die verhaal, die finale
komplot, die totale intrige van die verhaal. Indien nie, deurstreep hierdie toneel/tonele
en verwyder dit uit die verhaal. As daar geen verbintenis is nie, dien dit geen
nut nie. Dit
is nie nodig dat 'n oplossing vir die teenstand, botsings of worstelinge van elke
toneel gevind of geskep moet word nie. Dit is wel van uiterste belang dat elke
toneel wel 'n verandering moet aandui aan die verhaal en hierdie verandering moet
'n trappie in die rigting van die uiteinde van die verhaal wees
die finale
afronding en einde van die verhaal. e.t.
|