"O,
ek het so lekker geslaap," sê Annelize. Sy loer uit die blom uit waarin
sy geslaap het. Die son skyn helder en die lug is mooi blou. "Ek gaan vir
my 'n paar bessies pluk," sê Annelize vir haarself. Sy begin fluit-fluit
aanstap.
"Hallo
Emma," sê Annelize vir die vriendelike eekhoring.
"Wat
gaan jy nou doen?"
"Ek
gaan bessies pluk," sê Annelize.
"Jy
moet versigtig wees, want daar is partykeer slange daar," waarsku Emma.
"Ag
nee wat! Wie is nou bang vir 'n slang," sê Annelize en begin aanstap.
Sy kom by die bessies en begin pluk. Skielik hoor sy 'n geluid agter haar en sy
swaai vinnig om. Dit is 'n groot slang en hy staan reg om te pik. Annelize probeer
wegkom, maar toe kom daar nog 'n slang en nog een en nog een. Later is daar 'n
kring slange om haar en hulle kom nader en nader...
"Help!
Help!" skree Annelize so hard as wat sy kan. Skielik kom daar 'n voël
uit die lug en gryp vir Annelize en vlieg met haar weg. Die voël vlieg tot
by 'n boom en sit vir Annelize op 'n tak neer. "Baie
dankie dat jy my gehelp het," sê Annelize vir die rooiborsie.
"Plesier,"
sê die rooiborsie en vlieg weg. "Ek
sal jou nie vergeet nie," roep Annelize agterna en sy waai vir die rooiborsie
totdat sy hom nie meer kan sien nie.
"Hallo,"
sê 'n stem agter haar. "Goeiemôre
Marie," groet Annelize die koningin mier.
"Kom
slaap sommer vanaand by my," nooi Marie.
"Dit
sal lekker wees," sê sy en volg vir Marie.
Marie
se huis is in 'n gat in die stam van 'n boom. Die beddens is uit blaartjies gemaak.
Annelize gaan lê en raak aan die slaap, want sy is baie moeg. Sy begin droom.
Sy droom sy kom by 'n deel van die oerwoud aan waar daar klomp ander klein seuntjies
en dogtertjies soos sy is. Hulle sing en hulle lag en hulle speel. Hulle eet lekker
kos en...
Annelize
word wakker geskud deur Marie.
"Opstaantyd,"
sê Marie.
Vaak-vaak
klim Annelize uit die bed uit. Sy loop na die kombuis toe en gaan sit by die tafeltjie.
Marie bring twee kleibakkies tafel toe. Hulle eet neute en wilde aarbeie wat Marie
self gaan soek het. Toe
hulle klaar geëet het, vertel Annelize vir Marie van haar droom. "Ja,
almal wil mos by hulle eie soort wees," sê Marie.
Annelize
groet Marie en loop by die deur uit. "Dankie dat ek hier kon bly," sê
sy.
Annelize
klim teen die boomstam af. Toe sy onder kom is sy moeg omdat sy so ver geklim
het. Sy gaan sit op die nat sand. Daar vloei 'n stroompie verby haar. Annelize
soek na 'n blaar en klim op dit. Sy ry op die blaar en dryf al verder en verder
af met die stroompie. Na 'n rukkie stop die blaar, want die stroompie het weggeraak.
Annelize
klim van die blaar af. Daar staan 'n bossie met bessies langs haar. Sy pluk 'n
paar bessies en eet hulle op. Skielik hoor sy stemme naby haar. Sy stap in die
rigting van die stemme. Toe sy sien wat dit is, is sy verbaas.
Daar
is klomp klein dogtertjies en seuntjies wat sing en lag en speel. Annelize eet
lekker kos saam met hulle en sy gesels met hulle. Sy is baie gelukkig daar, maar
sy verlang na haar ander vriende ook.
Annelize het lekker daar gebly die res van haar lewe, want haar droom het waar
geword! |