Deel
2 Een oggend vroeg, nog voor die son sy koppie
uitsteek, vertrek Drommie om na die towerpaddas te gaan soek. 
Laatmiddag
kom Drommie Drakie moeg en uitgeput by die towerwaterval uit. Hy wonder hoe hy
die towerpaddas in die hande sal kry? Nog voor hy verder kan dink, hoor hy skielik
'n vreeslike brulgeluid en hy skrik hom amper flou. 'n Yslike draak met vlammende
rooi oë staan voor hom. Sy slagtande is lank en die speeksel drup uit sy
bek.
"Wat
soek jy?" brul die gedierte.
"Ek
soek na die towerpaddas. Kan jy my dalk help?" vra Drommie in 'n bewerige
stemmetjie.
Die
gedierte verdwyn en nie lank daarna nie spring die towerpaddas uit die water tot
voor Drommie. Drommie staar verbaas na die paddas. Hulle is by hulle rûe
aan mekaar vas.
"Amper
soos 'n siamese tweeling," dink hy.
Drommie
was verniet so bang. Die paddas is heel vriendelik. Hulle luister hoe hy vertel
dat hy graag sal wil vlieg. Die towerpaddas drup drie druppels van die toormengsel
uit die ronde stekelsakkies op die punt van hul tonge, op Drommie se klein vlerkies.
Tot Drommie se verbasing voel hy sy klein vlerkies al groter en groter word. Drommie
flap sy vlerke drie keer en voel hoe hy in die lug opstyg.
"Baie
baie dankie," sê hy.
Sommer
gou vlieg Drommie tot by die huis. 
|