Deel
1 Manie Monstervis en sy Monstervisfamilie woon in die Indiese
Oseaan, oos van Afrika. 
Sy
pa, Marius Monstervis, is die bobaas-visvanger in die omgewing en sy ma, Molly
Monstervis, bly tuis om Manie se ses jonger boeties en sussies te versorg.
Die
Monstervisfamilie is alom bekend in die Indiese Oseaan en al die kleiner vissoorte
is bang vir hulle vanweë hulle grootte en ongelooflike eetlus.
Manie
is 18 jaar oud, maar hy is alreeds groter as sy pa. Sy eetlus het geen einde nie.
In sy pote sal jy altyd 'n mes, vurk en lepel aantref - gereed om aan te sit vir
enige ete.
Sy
vier oë beweeg onophoudelik in alle rigtings terwyl hy rondswem opsoek na
sy volgende prooi. Manie se gunstelinggeregte is kreef en snoek, maar eintlik
eet hy alles wat voorkom.

|