Deel
2 Manie het al hoe groter geword en dit het begin lyk asof
hy uit sy skubbe wil bars. Sy tande was ook reeds almal pikswart en skeef van
die aanhoudende gëeet.
Deesdae
bewonder hy homself nooit meer in die helder water nie, want hy is bang vir sy
eie spieëlbeeld en ook baie bewus van die agteraf-spotlaggies van die ander
visse.
Tot
op 'n dag . . . wat Manie deur die seegras loer en hy die mooiste Monstervis sien
wat hy nog ooit gesien het. Sy hart het verskriklik begin klop en hy was dadelik
verlief.
Manie
het nie die moed of selfvertroue gehad om nader te swem en kennis te maak nie.
Al wat hy kon doen was om agter die seegras weg te kruip en haar deur sy verkyker
te bewonder.
Vir
dae en weke het Manie elke dag sy droomvrou deur die verkyker bewonder en gedroom
van die dag wat hulle mekaar ontmoet. 
Op
'n dag het Manie besluit, "Genoeg is genoeg. As ek ooit my droomvrou wil
ontmoet sal ek my voorkoms moet verander."
Manie
het sommer dadelik vir hom 'n afspraak by die tandarts gemaak.
Manie
se besoek aan die tandarts, Dokter Sarel Seekat, is 'n groot
teleurstelling.
"Jou
tande is van die ergste wat ek nog gesien het. Ek sal elke tand afsonderlik moet
skoonbeitel en dit daarna met draadjies in posisie moet dwing. Ek gaan ook vir
jou 'n kopband ontwerp wat jy vir die volgende ses maande elke dag moet dra,"
was Dokter Sarel Seekat se woorde. 
Die
narkotiseur, Dokter Hansie Hamerkop, slaan vir Manie ligte-uit op die operasietafel
en rapporteer aan Dokter Sarel Seekat dat die pasiënt gereed is vir die operasie.
Dokter
Sarel Seekat werk noukeurig aan elke tand onder die skerp teaterligte. Hy voltooi
die operasie met die kopband wat hy stewig om Manie se kop en kaak vasheg.
Na
ses ure is Manie wakker. Dokter Seekat deel hom mee dat hy hom na ses maande weer
moet sien en dat hy in dié tyd net vloeistowwe mag drink.

|