Die
Eenddraakkoning het in 'n kasteel gewoon, hy het 'n spesiale oog gehad. Die oog
was pers en almal was bang vir die oog. Hy was 'n wolfvreter en hy was baie kwaai.
Die Eenddraak het 'n eend se kop, 'n draak se stert en vlerke gehad.
Daar
was eende met swaarde en spiese wat die kasteel opgepas het. Dit was 'n ronde
kasteel. As iemand van veraf kyk, kon hulle die ronde trappe sien. Daar was drake
met vuurswaarde en lawaspiese.
Die
vyand was die wolfdrake. Die Wolfdrake het wolfkoppe gehad en pynappellywe en
eendpote met draaksterte. Hulle het gereeld aangeval. Die Eenddrake het gelukkig
ingenieurs gehad om die Wolfdrake se plekke hulle s'n te maak. Die wolfdrake het
spioeneerkarre en kleiner spioeneerkarretjies gehad. Daar was laserheinings om
die Eenddrake se kasteel. Die wolfdrake het gewone heinings gehad. Die Eenddrake
het gewoonlik in hulle regte volgorde geloop.
Die
oorlog gaan begin!
Daar
is vuur en bloed en dooie vegters!
Skielik
sien 'n Eenddraak die Wolfdraakkoningin. Hy vang haar en neem haar na die Eenddraakkasteel
toe. Die Wolfdrake oorwin die Eenddrake. Teen daardie tyd is die Wolfdrake se
koningin al in die tronk en die Wolfdrake is nou by die Eenddrake se kasteel.
Hulle saag die laserpale af. Die laaste Eenddraak het 'n mes in sy poot.
Die
Wolfdrake storm binne!
Die
Eenddraak sê: "Gaan uit of ek maak julle koningin dood met die mes.
Gee ons nog vier jaar dan kan ons weer oorlogmaak." 
Na
die vier jaar het die Eenddrake se eende en drake weer meer geword. Die twee spanne
het weer oorlog gemaak. Die Wolfdrake het weer oorwin maar die Eenddrake het nog
baie vegters oorgehad. Die Eenddrake het by hulle paleis oorwin.
Toe,
ewe skielik, gaan die Eenddrake uit hulle eie uit oorlogmaak.
Maar
toe het die Wolfdrake nog nie wolwe en drake gemaak nie.
Ag
nee! Die Eenddrake is besig om te wen.
Jippie!
die Wolfdrake het darem nog 'n wegsteekplek waar daar baie aanvallers is. Maar
die Wolfdrake sal hulle plek vinnig moet groter maak, of die Eenddrake sal hulle
oorwin as hulle die Wolfdrake se plek kry. Die Wolfdrake is baie slim, hulle gaan
natuurlik hulle plek geheim hou.
Maar
toe is die koningin al baie kwaad, want sy is nog steeds in die Eenddrake se tronk.
Die Eenddrake het besef die Wolfdrake is nie so sterk nie.
Die
Eenddraakkoning het iets spesiaals gehad, maar hy het nie geweet wat was dit nie.
Dit was tien goue muntstukke. As die Wolfdrake hulle aanval en hulle kry die tien
goue muntstukke kon hulle die kasteel oorneem. Die Wolfdraakkoning het ook iets
spesiaals gehad. Maar hy het geweet wat dit was; dit was 'n eend se poot wat hy
in 'n oorlog afgekap het. 
Die
twee vyande het nie meer so baie geveg nie. En die vegters het begin rustiger
word.
Toe
eendag word die Eenddrake kwaad omdat hulle spiere nie meer sterk is nie. Dis
nou omdat hulle nie meer veg nie. Toe besluit die Eenddrake dis nou hoog tyd dat
hulle weer oorlog maak teen die Wolfdrake.
Maar
die Wolfdrake het al hoe meer vegters gemaak, hulle is nou gereed om hul koningin
te gaan red. Die twee vegters kan nie net teen mekaar veg nie, maar as dinge baie
erg word dan eet hulle mekaar sommer op!
Hulle
kom bymekaar op Goudberg en die grootste oorlog ooit tussen hulle begin. Die Wolfdrake
het die Eenddrake oorwin en toe kon hulle uiteindelik hul koningin red uit die
Eenddrake se mag. Daar het nie een enkele Eenddraak oorgebly nie.
Van
daardie dag af het die Wolfdrake in rus en vrede saam met hul koning en koningin
gewoon. |