Deel
1 Ek was tien jaar oud toe my
lewe verander het. Daardie dag kan ek nog soos gister onthou. Dit was die dag
toe die Renosdisduif my vriend geword het. My naam is Rikus en ek was op
daardie stadium tien. My suster se naam is Susan en my broer is Nico. Hulle was
altwee veertien, want hulle is 'n kweeling. My lewe was eintlik vervelig. Ek was
nie goed met sport nie omdat ek oorgewig was - so ek was altyd die een wat by
die huis gesit en geleer het. Susan en Nico was uitstekend in sport. Hulle was
albei in die eerste spanne. Ek was gereeld alleen by die huis in die middae want
Susan en Nico het sport gedoen. Ma het by die klerewinkel gewerk en Pa was 'n
dokter.
Een
middag besluit ek om in die woud agter ons huis te gaan stap, want dit was een
van my gusteling plekke. Oral was daar slote en bosse waarin jy kan wegkruip en
speel. In die hele woud was daar net een bos wat uitgestaan het bo die res: dit
was 'n Roosbos. Onder hierdie bos het ek al die skatte wat ek in die woud opgetel
het, weggesteek omdat niemand ooit so 'n mooi bos sou vernietig nie.
Ek
het by die bos gaan staan en die geur van die rose diep ingeasem. Toe ek by die
bos gaan sit om my skatte uit te grawe het ek die vreemde eier onder die bos sien
lê. Dit was nie 'n groot eieier nie, maar dit was effens groter as 'n hoendereier.
Die dop was al die kleure van die reënboog en dit het in die sonstrale geblink.
Ek
was verstom dat so 'n pragtige eier sommer so op die grond sou lê en ek
besluit toe om die eier huis toe te neem. Net toe ek die eier in my sak wou steek,
begin dit kraak en helder lig straal uit die dop.
Ek
wou weghardloop, maar al die kleure het my vasgevang.
Uit
die eier het die eienaandigste diertjie geklim wat ek nog ooit gesien het. Dit
was so groot soos 'n muis, maar dit het net soos 'n renonster gelyk met twee paar
vlerke en 'n stert vol skubbe. Die gedroggie het om my kop gevlieg met 'n "bzzzzzz"-geluid
en weer in my hand kom sit.
"Hallo."
Sy stem was sag. "Ek is die Renosdisduif."
Ek
was verstom. "Wat is 'n Renosdisduif?"
Die
Renosdisduif het sy kop skuins gedraai en my stip aangekyk. "Ek
is 'n diertjie wat geluk bring."
"Ek
hoe weet jy miskien dat ek geluk nodig het?" Ek was baie agterdogtig oor
hierdie vreemde diertjie.
"Almal
het geluk nodig, Rickus. Nie die soort geluk wat maak dat jy die Lotto wen nie.
Geluk wat maak dat jy weer lus is vir die lewe."
"Hoe
weet jy my naam is Rikus?" Ek het skielik bang gevoel.
"Ek
ken almal se name wat 'n geluk-tekort het."
Ek
het vinnig terug gestap huis toe met die Renosdisduif in my leerskouersak. By
die huis het ek na my kamer geloop, die deur gesluit en stadig die sak oopgemaak. 
|