Deel
2 Die Renosdisduif het uitgevlieg en op die leuning van my
stoel gaan sit.
"Ek
dink nie jy moet hier bly nie," het ek verward gesê. "My ma gaan
jou kry en dink jy's 'n rot en 'n valletjie stel!"
Die
Renosdisduif het nader geskuif. "Ek kan mos nie gaan voordat ek jou nie gehelp
het nie."
"Ek
wil nie hê jy moet my help nie." Ek het van die Renosdisduif gehou,
maar geweet dat ek in die moeilikheid sal kom as iemand anders uitvind.
"Hou
jy van skool en van mense? Is dit vir jou lekker om Rikus te wees?" het die
Renosdisduif gevra.
"Ja!"
Ek kon sien dat die Renosdisduif my nie glo nie.
"Ek
weet jy jok vir my, maar ek sal jou sommer gou leer om nie meer te jok nie."
Die Renosdisduif het opgevlieg en daar in die lug bly hang. "Ek kan jou drie
wense gee, Rikus."
Drie
wense! Ek was sommer baie bly.
"Ek
wens ek was maer, ek wens ek was al groot en ek wens ek was ryk!" Ek was
skoon uitasem toe ek klaar gewens het.
"Jy
moet mooi dink waarvoor jy wens Rikus, want dit wat ons wil hê maak ons
nie altyd gelukkig nie."
Nou
was ek ongeduldig! "Ek het mos vir jou gesê waarvoor ek wens. Ek soek
dit nou dadelik!"
Daar
was 'n helder flits en my kop het begin draai. 
|