Die
karakters | Superagent
Dubbel E-N-D Laslappie | | Lorrelaai | | Noedelpestroedel
en die Towersonneblom | | Potterjoster
Renoster | | Jagterslagter
| | Dwerg
Titeltalie |
"Doef
Doef
Doef
. Kaploef." Superagent Dubbel E-n-d maak
eers sy een oog oop - dan stadig, baie stadig, die ander donker kyker. Hy knipknip
sy ronde glimmende kraletjies oë. "Waar in die heelal het ek nou
weer geland?" vra hy homself die vraag af wat hy al soveel maal tevore moes
vra. Met 'n steun en 'n kreun en 'n klikker klikker klak, gryp hy met sy
amper morsaf knyper na die naaste tak. Sy balans is effens aangetas nadat
hy die noodlanding moes maak, as gevolg van die enjins van sy Skoetelpoetel wat
net eenvoudig wou staak. Sy geoefende oor kon dadelik hoor met die Doef
Doef
Doef
dat daar groot fout was met die vaartuig se skroef. Bokant
die Skoetelpoetel het 'n nagswart wollerige bol uitgeblaas en kort daarna was
daar 'n allervreeslike geraas. Die skroef het geknak, gerittel-tit-tit, krom getrek
en en kort daarna in twee gesplit. Superagent Dubbel E-n-d se humeur is maar altyd
aan die korterige kant. Hy's juis bekand as 'n astrante kalant. Bokant die
digte blaredak waarin die Skoetelpoetel beland het met sy passasier, loer die
vet volmaan vanuit sy wentelbaan op die gedoente neer. Stilletjies
bekruip 'n skaduwee Superagent Dubbel E-n-d. "Joehoe, kan jy
my hoor
ek het gesien hoe jy spoed verloor." 'n Mooi jong wyfie eend
se kwaak lawaai na waar die uwe steeds duiselig aan die takke swaai. "Ja
e ja. Ek dink ek's nog heel, alhoewel ek dink
ek kyk nou skeel," kwaak
agent Dubbel E-n-d terug. "Wat het dan gebeur meneer? Is u seker u
is nie dalk beseer?" kwaak sy weer. "Ek's so reg soos 'n roer, juffrou.
Ek sal net my Skoetelpoetel moet herbou." Agent Dubbel E-n-d
krap sy kop en vee met een verevlerk oor sy skilpad dop. "Ek's besig
met 'n sending na Willeweste woud, ek hoor met al die diere wat daar woon is g-r-o-o-t
fout!" "O, maar jy is gelukkig dat jou noodlanding juis hier moes
gebeur, want Wildeweste woud lê net suid van daardie berg se skeur,"
kwaak die wyfie eend opgewonde. "Alla mapstieks, hoe gelukkig kan
ek wees, ek het toe tog my kompas reg gelees. Aangename kennis ek is Superagent
Dubbel E-n-d," groet die mannetjieseend. Die wyfie fladder haar wimpers en
glimlag soet. "My naam is Lorrelaai," en sy skud haar vere dat die donse
so waai. Met 'n vlerk klap en 'n hengse sprong land die Superagent langs
Lorrelaai op die grond. "Lorrelaai ek hoop jy kan my help, ek soek
na die nare dwerg Titeltalie. Hy toor glo als om snaaks te lyk, maar ek is gestuur
om dinge bietjie deur te kyk. Lorrelaai trek haar asem skerp in. "Ek
weet waar jy hom kan kry, ek sien hom snags in die maanlig, wanneer hy op sy wolf
rond ry. Blykbaar is die net so nare ding. Sy naam is Jagterslagter
met 'n stert van 'n draak en 'n ry lang tande aan elke kaak.  |
"Sy pote sit verkeerd om en hy's so sterk soos 'n beer. Met sy kragtige kloue
sal hy jou sommer verskeur. Hy skuil in die bosse met sy slagyster bek, altyd
doodstil met sy kake oopgerek. Wanneer die arme diere dit die minste verwag, slaan
hy sy kake toe met 'n vreeslike krag." |
Dubbel
E-n-d sien hoe Lorrelaai ril. Hy kan self nie help om so effens te gril. Hy's
reg vir die taak en goed vermom. Dwerg Titeltalie gaan hom nooit sien kom. Sy
lyf is bedek met 'n ou skilpadop en 'n gevaarlike kanon sit op sy kop. Sy stert
is 'n stuk krokkodilaak en sy voete lyk soos die pote van 'n draak. Twee
krap knypers is ook sommer aangeheg, net die regte wapens vir 'n bloedige geveg. 'n
Koeivel, ekstra pote en stekeltak word aan Lorrelaai vir vermomming gehak en geplak. Dit
is stil en donker
selfs die vet volmaan speel wegkruipertjie. Naby die twee
eende snork 'n renostermannetjie. Superagent Dubbel E-n-d wip soos hy skrik, iets
het nou net aan sy vlerk gepluk. Sy stem bewe, sy vere tril en toe hy praat
is sy stem taamlik skril. "Wie
wie's daar? Is jy 'n vriend of verkeer
ons nou in lewensgevaar? Met 'n snork en 'n blaas naby sy oor kan hy skielik
'n diep stem hoor: "Ek is 'n vriend en hoor jy't ons kom red. Dwerg Titeltalie
het my en my maats almal getoor. Hy loop al ewig en soek met almal skoor. My naam
is Potterjoster en ek is 'n renoster." In die klein bietjie maanlig
wat skelmpies begin skyn, sien Lorrelaai en Superagent Dubbel E-n-d net vinnig
die gestalte voor die maanstraal weer verdwyn. Die bonkige renoster het vier klein
vlerkies op sy rug en agterstewe en 'n slangstert wat agterna swewe. Langs hom
staan nog 'n slagoffer. Lorrelaai vra saggies: "Foeitig, Mnr Eend,
wat het met jou gebeur? Jy het regtig nie 'n goeie kleur." Krakerig
kom die stemmetjies maar flou: "Ek's 'n eend en my naam is Noedelpestroedel,
maar nou lyk my lyf meer soos die van 'n poedel. Kyk net my Krulhare, een oog
en dinosaurusstert. Wat gaan ek maak, o heigend hert." Superagent Dubbel
E-n-d lig die spannetjie in dat hulle van die Towersonneblom se sade moet eet.
Die blom help glo vir elke denkbare skeet. Soos dit maar in elke storie
gaan, sal die blom mos ook nou nie oop en bloot in die woud staan. Almal
kry 'n rigting om te loop soek. Hoog en laag
om elke hoek. Hulle
soek en krap en grou dag en nag. Superagent Dubbel
E-n-d is nie verniet 'n superagent wat nooit op hom laat wag nie! Hy
merk dat Noedelpestroedel elke dag bietjie anders lyk. Hy het sowaar weer met
twee oë begin kyk. "Noedelpestroedel" vra hy kwaai. "Hoe is
dit moontlik dat jy weer 'n gewone eend is? Mag ek maar raai?" |  |
Ai
tog. Ou Noedelpestroedel was maar effens dom, hy't nie geweet wat se blom dit
was toe hy by dit kom. Net aan die lekker saad gepik en 'n paar gulsig ingesluk
Na
'n ruk was almal normaal, dit was tyd dat die dwerg se sonde hom inhaal. 
| Dwerg
Titeltalie was 'n lekker poets gebak. Terwyl hy geslaap het, het die diere 'n
paar rubberslange aan sy kop geplak, vlermuisvlerke aan sy rug gehang, horings
aan sy lyf gehak en hom vasgemaak aan 'n doringtak. |
Ver,
baie ver blaf Wagter die Kolliehond. Oral staan en klets die eende en ganse rond.
Hulle stry oor waarmee Laslappie die eend om nou weer besig hou, maar eenkant
staan Lorrelaai die spulletjie en dophou. Sy weet Laslappie die plaaseend is weer
in sy drome Superagent Dubbel E-n-d wat die wêreld red. Daar waar hy snoegsig
lê en slaap op sy blarebed.
Die E(e)nd
|