|
Rudi gaan staan handeviervoet en kyk onder die bed in. Maximus
en MacGyver is ook nie onder die bed nie. Hy kyk agter sy ma se
hangkas. Hulle is ook nie agter die hangkas nie.
Rudi
gaan sit moedeloos op die bed.
"Maaaaa!"
hoor Rudi sy sussie roep terwyl sy in die gang afhardloop. Vinnig
hardloop hy agter haar aan tot in die kombuis.
"Ma,
kyk hoe lyk my pop! Haar hare is af!" sê sy sussie ongelukkig
en beduie na haar pop se kaal kop.
"Maximus
en MacGyver! Dit moet hulle wees wat aan jou pop geknaag het, Sussie,"
sê Rudi en hy sukkel om sy lag te hou.
Rudi
se sussie staar kwaai na hom, maar Rudi steur hom nie daaraan nie.
Hy
hardloop vinnig na sy sussie se kamer.
Rudi
kyk tussen sy sussie se teddiebere en gooi die een na die ander
oor sy skouer. Maximus en MacGyver is ook nie tussen die teddiebere
nie. Rudi kyk agter sy sussie se spieëlkas. Hulle is ook nie
agter die spieëlkas nie.
Moedeloos
gaan sit Rudi tussen die teddiebere.
"Ag
nee! Wat het met my graankos gebeur? Die boks was dan nou net nog
heel gewees!" hoor Rudi sy ma in die kombuis uitroep.
Hy
gooi die teddiebere eenkant toe en hardloop na die kombuis.
|