Dis
vroeg in die oggend. Vir die mense op land is die son besig om in die see in te
smelt. Maar hier onder in die diep-diep see word dit dag. Mossoelie
rek hom uit, toe hy stemme buite hoor, spring van sy seesponsbed af op en loer
deur een van die ry vensters van sy perlemoenskulphuisie. Vandag is die dag wat
Koningin Azurina die een gaan kies wat na Silverstrand moet gaan. Hy voel skielik
baie hartseer en voel met sy hand aan die vin onder sy voorarm. Dis nog seer waar
die haai hom gebyt het. "Vergeet
daarvan, Mossoelie. Sy sal jou nie stuur nie. Hoe wil jy die seediere gaan red
as jou arm seer is. Ek is 'n sterk outjie. Sy sal my eerder kies," het Anmor
gister vir hom kom sê. Mossoelie
sug. Sy sal seker vir Anmor kies. Hy besluit om maar weer onder sy seegraskombers
in te kruip. "Mossoelie!
Mossoelie!" hoor hy iemand 'n rukkie later roep. Hy spring op. "Ja,
wat is dit?" vra hy. "Koningin
Azurina wil almal in die saal hê. Sy het gesê ek moet almal roep,"
roep die stem. "Goed
dan," sug Mossoelie en staan op. Die paleis van Koningin Azurina
is onder 'n groot rots. Die saal waar almal vergader se vloer is pienk soos koraal
en die mure soos pêrel. Die goue strale van die oggenson skyn deur 'n venster
op die lang goue lokke wat soos 'n golf om Koningin Azurina lê. Vir Mossoelie
is sy baie mooi maar die string pêrels om haar nek nog die mooiste.
"O
jy is ook hier," sê Anmor, "Sy sal nie vir jou kies nie. Hoekom
het jy gekom?" Hy bult sy voorarmspiere dat die vin sommer so uitspring vir
almal om te sien hoe sterk hy is. "Ek
wou nie kom nie," sug Mossoelie, "My arm is nog baie seer."
Bambu wys
sy sterk bolyf en Seegris slaan bollemakiesie en wys trots die vinne op sy fris
kuite. "Sy sal nie 'n fout maak as sy my kies nie." Nog
Mosse kom met 'n groot geraas die saal binne. Een van die Koningin se boodskappers
moet hard praat om hulle stil te maak. Toe
almal stil is, sê die Koningin. "Ek
het besluit om vir julle 'n toets te gee." Die
Mosse kyk met groot oë na mekaar. "'n Toets!" roep hulle uit, "Watse
toets?" "Ek
kan nie enigeen na Silverstrand toe stuur nie. Die een wat gaan moet iemand wees
wat die werk kan doen," sê Koningin Azurina. "Watse
toets, Koningin?" vra een van die Mosse, "Is dit 'n toets om te sien
hoe sterk ons is?" "Nee,
dis nie 'n toets om julle krag te toets nie," sê die koningin, "Dis
'n toets om te sien of julle die werk sal kan doen." "O..!"
sê die Mosse, "Watse toets kan dit wees?" "Julle
is almal sterk. Maar julle is nie almal ewe slim nie," sê Koningin
Azurina, "Ek het 'n slim Mos nodig vir Silverstrand." "'n
Slim Mos," lag Anmor, "Dan is ek die een." "Ons
sal sien," sê Koningin Azurina, "Luister mooi. Ek gaan dit net
eenkeer sê en dan moet julle doen wat ek vra." Die
saal is nou tjoepstil. "Het
een van julle al van Donkergrot gehoor?" "Donkergrot!"
"Uh
Donkergrot!"
Die Mosse
kyk na mekaar en dan skud hulle hul koppe. "Goed
so
elkeen het 'n kans," sê sy, "Julle moet uitvind waar die Donkergrot
is en dan soontoe gaan. Daar sal julle vir Koeblai, 'n ou vis vind. Hy het 'n
boodskap vir my. Ek gee julle twee dae tyd. Die een wat die eerste terug is, is
die een wat ek Silverstrand toe sal stuur." "Het
jy al gehoor van Donkergrot," fluister Anmor vir Bambu. Bambu
skud aan Mossoelie se arm. "Weet
jy waar dit is? Toe, jy weet seker," sê hy. "Ek
weet nie," sê Mossoelie want hy weet regtig nie. Terug
in sy huis lê Mossoelie op sy bed en dink en dink en dink. Iemand moet weet
waar Donkergrot is. As Koningin Azurina weet waar dit is, moet iemand anders weet.
Skielik kielie sy maag van opgewondenheid. Miskien
net miskien weet Tentakkie.
Die seekat hou daarvan om in grotte rond te kuier. Hy gaan hom vra. Mossoelie
loop vir Tentakkie nie ver van sy huis af raak. "Hello
Mossoelie. Hoe lyk jy vandag so bekaf?" "My
arm is nog seer en ek wil so graag Silverstrand toe gaan, Tentakkie," sê
Mossoelie. "Nou
hoekom kan jy nie?" vra die ou seekat en tel vir Mossoelie met sy tentakel
op. "Tentakkie,
jy weet mos alles," sê Mossoelie. Die
ou seekat lag. "Alles
huh, huh..huh
nie alles nie, my vriend. Ek
weet baie dinge
wat wil jy weet, hm?" "Weet
jy waar die Donkergrot is?" "Donkergrot?"
"Ja
weet
jy van so 'n plek?" vra Mossoelie. Die
ou seekat maak sy oë toe en dink en dink en dan sê hy. "Ek het
al van so 'n plek gehoor maar ek weet nie waar dit is nie. Maar, ek sê jou
wat. Ek sal vir my vriend gaan vra. Hy weet alles
" lag Tentakkie.
"Ek
het net twee dae tyd om uit te vind. Jy moet gou maak," sê Mossoelie.
"Hoekom
wil jy weet?" vra Tentakkie. "Die
koningin het vir ons 'n toets gegee. Die een wat dit wen gaan Silverstrand toe.
Ons moet die Donkergrot soek en daar 'n boodskap by 'n vis kry vir die koningin,"
sê Mossoelie, "Net twee dae, Tentakkie. Sal jy my help?" "Klim
dan van my af sodat ek my ou vriend kan gaan soek," sê Tentakkie, "Ek
is net-nou terug." "Dankie
Tentakkie. Ek sal vir jou by my huis wag," sê Mossoelie.
'n Halwe dag gaan verby. Elke keer as Mossoelie iets buite hoor spring hy van
sy bed af op en loer deur die venster. Waar bly Tentakkie?, wonder hy later baie
bekommerd. Na
'n rukkie stoot Tentakkie se tentakel die deur van Mossoelie se huis oop.
"Waar
is jy?" vra Tentakkie en hy klink uitasem. "Hier,"
sê Mossoelie, "Weet jy?" "Ek
moes amper tot in die Donkersee swem om my ou maat in die hande te kry,"
sê Tentakkie, "Ek was amper op die kostafel van die Duiwelvis en sy
grootbekvriende. Ja, so amper. Ek was vir 'n lang tyd in 'n grot vasgekeer. Gelukkig
het hy later opgegee om vir my te wag
huh
huh
huh
maar, hier's
ek en ek dink ek weet waar die Donkergrot is." "Is..is
is
dit in die Donkersee? Ek wil nie soontoe gaan nie. Ek het vreeslike goed gehoor
van die Donkersee, Tentakkie," sê Mossoelie. "Nee
e..nee,
dis nie in die Donkersee nie. Dis nie so ver hiervandaan nie. As ons nou gaan,
kan ons vanaand weer terug wees
as ons nie probleme langs die pad kry nie,"
sê die ou seekat. "Probleme?
watse
probleme, Tentakkie?" "Ek
weet nie
die see het maar baie gevare. Maar jy wil na die Donkergrot toe
gaan. Kom, vergeet nou van die gevare, my vriend. Kom laat ek jou ophelp,"
sê Tentakkie en tel vir Mossoelie op sy voorarm waar hy hom mooi kan sien.
Toe
swem hulle deur die diep blou water na die plek wat Tentakkie dink die Donkergrot
is
.. |