"Waar
dink jy is die Donkergrot?" vra Mossoelie toe hy en Tentakkie deur die water
swem wat al donkerder word hoe verder hulle swem. "Ons
moet uitkyk vir 'n swart rots. My vriend het my vertel dat dit nie 'n seerots
is nie. Dit lyk soos een van daardie groot swart mossels wat so raas wanneer dit
op die water dryf, waarmee die mense van die land die sardientjies vang. 'n Baie
groot een, my vriend. Nouja, dis die Donkergrot. Dit is baie groot, groter as
die grootste rots wat ons al gesien het. My vriend vertel dat die sardientjiekinders
partykeer daar skoolgaan. Ja, binne in die Donkergrot. Hulle word geleer van al
die gevare van die Donkersee." "Is
dit dan naby die Donkersee?" vra Mossoelie. Wat hy weet van die Donkersee
wil hy nie eens aan dink nie. Hy was nog nooit daar nie maar Oupa Mossie het hom
genoeg vertel van die visse met bekke groter as hulle lywe en tande tien keer
langer wat by hulle bekker uithang. Hulle swem met hulle bekke en oë wawyd
oop en nie een seekat of Mos is sy lewe seker nie. "Dis
op die randjie van die Donkersee, my vriend. Ons sal maar versigtig moet wees.
Partykeer kom Duiwelvis en sy maters hier kos soek," waarsku Tentakkie. Mossoelie
se hart begin sommer vinniger te klop terwyl sy groot groen oë elke bos seegras
en rotsgrot dophou. "Hoe
hoe
ver is dit nog?" vra Mossoelie later. "Nie
te ver nie. Sien jy hoe anders lyk die water hier?" vra Tentakkie. "Ja..e..dis
donkerder as by ons
of is dit al nag?" "Nee,
dis nog nie nag nie. Dit is soos dit hier lyk. Dis hoekom Duiwelvis so jaloers
is. Hy wil ons see hê en hy het al alles probeer. Gelukkig is Koningin Azurina
te slim vir hom. Hy sal nooit ons see regeer nie
nooit nie, my vriend. Daarvoor
sal die Mosse en die seekatte sorg." "Ten
Tenta
Tentakkie
kyk
daar!" gil Mossoelie toe hy skielik twee oë van agter 'n graspol sien
loer. Skielik
pyl een van Duiwelvis se gulsige Donkersee vriende met sy bek wawyd oop op hulle
af. "Tentakkie
Tentakkie!"
skree Mossoelie. En
dan is dit skielik pikswart om hulle. Pikswart. Mossoelie kan niks voor hom sien
nie. Hy kan ook nie die aaklige vis met die groot tande sien nie. Hy kan niks
voor hom sien nie. Nie eens die tentakel van Tentakkie waaraan hy nou vasklou
nie. "Tentakkie
Tentakkie
hoekom
is dit nou so donker
waar is daardie vis?" Tentakkie
lag. "Weg my vriend..weg." "Hoekom
is dit so donker om ons. Is ons dan in die Donkersee?" vra Mossoelie benoud.
"Nee,
ek het daardie vis verwilder. Jy weet Mossoelie, ek gebruik my geheime wapen maar
min maar as ek dit moet gebruik, gebruik ek dit," lag Tentakkie. "Jou..e..geheime
wapen? Wat is dit?" vra Mossoelie nuuskierig. "Jy
sien ek het 'n pot swart kleurstof wat ek saam met my dra. Wanneer ek in die moeilikheid
kom soos vanoggend, maak ek dit oop en spuit dit om my. Geen vyand kan my dan
sien nie. Hulle raak ook bang want hulle weet nie waar hulle is nie. Dan swem
hulle weg," verduidelik Tentakkie. "Regtig
e..dis
goed," sê Mossoelie, "Het jy genoeg van daardie swart goed as
ons weer een van hulle raakloop?" "Ek
hoop so," lag Tentakkie. Hulle
kom vir ystervarkie teë. "More
more
julle. Julle moet versigtig wees. Een van Duiwelvis se maats is hier rond. Maar
ek het hom lekker laat skrik toe hy na my hap. Gelukkig kon ek myself baie gou
opblaas," lag Ystervarkie, "Sy
bek is seker lekker seer." "Ons
het hom gesien," sê Tentakkie, "Ek dink ek en jy het hom lekker
die skrik op die lyf geja." "Is
dit jy wat die water so swart gemaak het?," vra Ystervarkie. "Ja
ek
moes. Hy het ons aangeval," sê Tentakkie, "E..sê my, weet
jy miskien waar die Donkergrot is?" "Die
Donkergrot?" vra Ystervarkie en hy dink. "Ja,
dis 'n baie groot rots..e..nie eintlik 'n rots nie maar dis baie groot en dit
lyk soos 'n baie, baie groot swart mossel..e..het jy dit gesien?" "O
ja
ek was al daar. Dis nie so ver hiervandaan nie." "O,
dan is ons darem nog op die regte pad," sê Tentakkie terwyl hy oor
die seebed swem met een van sy tentakels op die grond. Hulle swem verby 'n
paar rogge wat hulle vlerke in die sand op seebodem flap op soek na kos. Toe sien
hulle vir Hari, Tentakkie se goor haai vriend. "Wat
maak jy so ver van ons see af?" vra Tentakkie. "Ek
soek mossels. Daar by ons is maar baie min. Ek moet verder en verder gaan soek,"
kla hy, "Waarheen is julle op pad. Weet julle nie dis gevaarlik om hier rond
te swem nie?" "Ons
weet
maar ons moet," sê Tentakkie en lag. "Hoekom?"
vra Hari. "Ons
is op soek na die Donkergrot. Weet jy waar dit is?" vra Mossoelie. "Die
Donkergrot? Ek kom nou net daarvandaan. Dis net anderkant hierdie rotse. Glad
nie so ver nie. Wat wil julle daar gaan maak?" "Ons
moet vir Koblai gaan soek. Koningin Azurina het ons gestuur om 'n boodskap by
hom te kry," sê Tentakkie. "Koeblai?
Ja, hy is daar maar julle sal baie gou moet maak. Koblai is baie siek. Ek weet
nie of hy nog sal lewe as julle daar aankom nie," sê Hari. "Dan
beter ons nou gou maak," sê Tentakkie, "Dankie vir die nuus, Hari." Hulle
swem oor die rotse soos wat Hari gesê het. Nou en dan sien Tentakkie iets
lekkers om te eet. "Wanneer
ons terugkom moet ek eers hierlangs kom, Mossoelie. Kyk net die lekker mossels."
"Ja
ja
moenie
nou daarvan praat nie. Ons moet gou maak," sê Mossoelie en hy hoop
net Koeblai wag vir hulle en gaan nie dood voor hulle by die Donkergrot kom nie.
As Koeblai doodgaan voor hy die boodskap vir die eerste een gee wat by die grot
aankom, is Koningin Azurina se plan om die slimste Mos te kies vir Silwerstrand
alles verniet, dink Mossoelie. Na
'n rukkie is hulle oor die groot rotse en toe sien hulle die Donkergrot net soos
wat Tentakkie se vriend gesê het. "Daar
is dit," sê Tentakkie en stoot sy tentakels nou vinniger uit in die
rigting van die ou skeepswrak wat lyk soos 'n rots. Toe
hulle daar kom, is Mossoelie skielik baie bang. Al wat hy deur die eet groot gat
van die grot sien is donker, so donker dat hy amper niks kan sien nie. "Hoe
gaan ons vir Koeblai in die donker plek kry?" vra hy vir Tentakkie. "Jy
weet, ek het daardie vraag ook vir my vriend gevra. Hy het gesê ons moet
ons nie daaroor bekommer nie. Daar sal lig wees by Koeblai en ons sal hom duidelik
kan sien." Toe
swem hulle die donkerte in. Mossoelie klou styf aan Tentakkie se tentakel vas.
As hy per ongeluk afval, sal Tentakkie hom nooit weer kry nie en een van die nare
visse van die Donkersee sal hom opvreet, dink hy.
Hulle soek
rond in die groot kamers van die Donkergrot. Hulle soek lank en dan sien hulle
'n liggie. "Dit
moet die plek wees waar Koeblai woon," sê Tentakkie en swem dadelik
na die liggie toe. Hulle
skrik toe hulle daar kom en die ou vis sien. Koeblai kan skaars praat. "Julle
is
e
eerste hier. Ek moet vir julle
e
die
boodskap
vir
.Koningin
Azurina gee
" "Ja,
ons moet vir haar die boodskap neem," sê Mossoelie en hy kan nog nie
glo dat hulle eerste daar is nie. "Wat
is die boodskap, Koeblai?" vra Tentakkie. "Die
Duiwelvis
hulle maak planne
om julle Koning aan te val. Hy bring baie
draakvisse, rotsterte
en lelike okersvisse." "Hoekom?"
vra Mossoelie benoud. "Hulle
soek die Reënboogpêrel..
as hulle dit het, is hulle die heersers
van julle see. Hulle sal julle koningin
iewers in die Donkersee opsluit
en julle sal
. die Duiwelvis en sy wraakvisse se kos word." "Nee,
dis vreeslik," skree Mossoelie, "Waar is die pêrel?"
"Dis
in julle paleis. Julle Koningin moet dit dadelik op 'n plek wegsteek waar Duiwelvis
dit nie sal kry nie. Onthou
e
Duiwelvis is die beste speurder in die
hele see," sê Koeblai. "Ons
sal haar dadelik gaan sê," sê Tentakkie. "Ja
doen
dit. Ek wil rus," sê Koeblai en toe draai hy op sy sy en hou op om
asem te haal. "Hy's
dood," sê Mossoelie, "Net ons het die boodskap, Tentakkie. Ons
moet nou dadelik teruggaan om vir Koningin Azurina te gaan vertel." Toe
swem hulle by Koeblai se blyplek uit en deur die donker Donkergrot
.. |