|
Een
dag lank lank gelede was daar 'n baie kwaai prinsessie. Haar naam
was Aster. Sy het twee baie oulike stiefsusters gehad, Karlien en
Heide.
Aster was baie onvriendelik en het nooit in die huis gehelp nie
sy het net heeldag gesit en mooi lyk.
Die
koning hou vanaand 'n groot bal vir sy seun, die prins, om vir hom
'n vrou te kies.
"Ek
het twee uur 'n afspraak met mý goeie feë, ek hoop sy
het 'n paar nuwe toorkunsies geleer, want ek is regtig moeg vir
dieselfde tipe rok wat sy ELKE KEER vir my toor!" kla Aster
terwyl sy op haar bed lê en dromerig by die venster uitkyk.
"En buitendien, as ek die prins wil hê sal ek regtig
mooi moet lyk, nou nie dat ek nie mooi is nie. Ek is seker hy gaan
my vanaand raaksien!"
Karlien
en Heide is al moeg om te hoor hoe sy die prins gaan kry.
"Net
jammer die prins het nog nie een keer vir haar gekyk nie!"
fluister Karlien in Heide se oor. Hulle giggel en Heide sê,
"Ja, hy is mos agter daai mooi enetjie aan...wat is haar naam?"
"Wat
sê julle? Ek hoop nie julle praat van my nie?" Aster
het haar nou vervies omdat hulle nie aan haar aandag gee nie. Sy
sit glad regop.
"Niks
nie! Ontspan sus... Jy moet reg maak, jóú feë
kom amper!"
"Gaan
julle my nie help reg maak nie? Hoe op dees aarde dink julle moet
ek dit nou self doen, huh?" Aster kyk haar susters aan asof
sy iets baie stinks ruik.
"Nee
wat man, jy kan dit mos self doen."
"Ekskuus?"
Karlien en Heide hoor Aster se gevaarlike stemtoon en besluit maar
om haar te help.
*
Die
feë verskyn met 'n harde geluid in Aster se kamer. Aster val
amper van die bed af toe sy die slag hoor. Die feë is 'n halwe
minuut laat. Sy skud die stof van haar koddige lyfie af.
"Ag,
uit eindelik, ek dog jy gaan nou nooit meer kom nie. Kom, kom, kom.
Laat ons begin... Ek hoop jy het nuwe goed geleer, ek is moeg vir
die oues." Aster klink vies.
Die
feë rol haar oë vir Aster, maar só dat sy dit sien
nie, sy haal haar towerstaffie uit en gaan sit op die bank."
En
nou?" vra Aster ontsteld, "Ons gaan moet begin as ek klaar
wil kry..."
"Ek
het 'n ongelooflike nuwe toorkunsie geleer, soos jy sal sê,
maar dit is baie gevaarlik. Jy sal presies moet doen wat ek vir
jou sê anders kan dinge rampspoedig uitdraai." Sy gaan
sit op die bank en toor vir haarself 'n koppie tee en 'n stukkie
koek.
"Ag,
asseblief, wat kan tog so erg wees? Doen eers my rok, hare, grimering
en belangrikste van alles, my skoene, ek wil mooi skoene hê,
dan besluit ek of ek daarvan hou. Dan vertel jy my van die gevare!"
"Dit
is belangrik dat jy eers moet luister..." Die feë weet
dit is sinneloos om haar te probeer om praat, maar probeer elk geval.
Sy vat 'n slukkie tee 'n happie koek.
"Doen
net wat ek sê, jy weet ek raak baie kwaad as ek nie kry wat
ek wil hê nie." Aster sê dit baie mislik.
Die
feë staan van die bank af op, sy vee die koekkrummels van haar
skoot af, en gaan staan voor Aster. "Biebe die babedie da!"
Aster se rok verander in die mooiste groen syrok.
"Dit
is die mooiste rok wat ek nog ooit gesien het!" Aster bekyk
haarself in die spieël.
Die
feë praat weer. "La la die rie die ra!"
Aster
se hare verander in krulle, deur haar lokke is pêrels gevleg.
Haar oë skitter en haar lippe is rooi.
"Ting
te rieng lieng!" Aan Aster se voete verskyn die mooiste hakskoene.
Die skoene is groen met pêrels en diamante op, daar is 'n
lint wat om haar enkels gaan. Die hakke is hoog met sitriene oral
om.
"Aaah!
Die skoene! Dit is die mooiste skoene! Ek lyk so mooi! Ek het nog
nooit so mooi gelyk nie!" Sy draai om en om voor die spieël
terwyl sy haarself bewonder. "Die prins gaan my definitief
vanaand raak sien! Aaah, hy is so mooi, met sy donker hare en kobalt
blou oë
" Aster maak asof sy met iemand dans.
"Jy
moet nou mooi luister, Aster," sê die feë.
Aster
maak of sy luister
"As
die klok twaalf uur slaan en jy het nie albei jou skoene aan nie
dan gaan jy in 'n huiswerker verander
"
Aster
is nog besig om na haarself te kyk.
"Hoor
jy wat ek sê?"
"Mmmm?
O ja, ek hoor!
Die
saal is pragtig versier daar is oral kandelare met kerse in. Die
dansbaan lê voor haar uitgestrek, dit blink in die ligte.
Al die dames staan in 'n ry om die prins te groet. Karlien en Heide
lyk mooi met rooi rokke. Toe Aster voor kom, kan die prins nie sy
oë van Aster af hou nie.
"Jy
is die mooiste meisie in die ryk! Hoe het ek jou nog nooit raakgesien
nie?"
Aster
bloos.
"Sal
jy met my dans?"
Die
prins dans so lekker, hy dans vir Aster skoon uit haar skoene uit.
Die aand gaan vinnig verby.
"Dit
is die lekkerste aand ooit!" fluister Aster in die prins se
oor.
Die
prins leun nader aan Aster om haar te soen. TOE... slaan die klok
twaalf uur. Aster wat, niksvermoedende, wag vir 'n soen, se hare
word weer reguit, haar grimering verdwyn, haar rok verander in 'n
bruin geskeurde rok en haar skoene... waar is haar skoene?
Die
prins soen haar en maak sy oë oop. Hy skrik so groot dat hy
van sy stoel af val. Aster kan nie verstaan wat aan gaan nie. Sy
kyk af en sien haar rok is in flenters.
"Wat
gaan aan? Kyk hoe lyk ek!"
Sy
hardloop gillend by die saal uit.
Die
volgende dag kry die skoonmakers die pragtige skoene, met pêrels,
diamante en sitriene op, in die saal. En tot vandag toe weet niemand
aan wie dit behoort het nie.
|