Themba
se hart is baie seer. Hulle woon in 'n nuwe huis. Nou het hy nie maats nie.
Frans het 'n rekenaar. Hy het baie maats. Johannes het rolskaatse. Hy het
ook baie maats. Eendag kom Themba se oom kuier. "Kom ons bou vir
jou 'n kaskar," sê hy. "'n Kaskar!" roep Themba uit.
"Ja, kom saam met my," sê Themba se oom. Hulle gaan na die
vullishope. Themba se oom tel twee wiele op. Hy tel stukke plank op.
Hy tel stukke yster op.
Themba help sy oom. Hulle bou 'n mooi kaskar. Die kaskar is klaar. Themba
hou baie van die nuwe kaskar. Hy klim in. Themba se oom stoot die kaskar.
Dit ryk vinnig. Dit ry by die bult af. Johannes sien vir Themba. Hy rolskaats
na hom toe. "Waar
kry jy die kaskar?" vra hy. "My oom het dit vir my gebou,"
sê Themba trots. Toe
sien Frans vir Themba. Hy sien ook die kaskar. "Kan ek maar voel hoe
dit ry?" vra Frans. "Ja,"
sê Themba. Hy
klim uit. Themba en Johannes stoot vir Frans. Hulle neem beurte. Elke
dag ry hulle met die kaskar. Hulle
word groot maats. Themba
se hart is baie bly. Die kaskar bring vir hom baie nuwe maats. 
|